Jansenville
Jansenville is 'n dorp in die Oos-Kaap, sowat 80 km suid van Graaff-Reinet. Dit is geleë in 'n streek wat as die Kamdeboo bekend staan.
Jansenville (ingesluit KwaZamukucinga) | |
---|---|
NG kerk Jansenville | |
Koördinate: 32°56′36″S 24°40′02″O / 32.94333°S 24.66722°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Dr Beyers Naudé |
Stigting | 1855 |
Oppervlak | |
• Totaal | 24,9 km2 (9,6 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 5 612 |
• Digtheid | 225/km2 (580/vk. myl) |
[1] | |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 48.7% |
• Swart mense | 42.9% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 65.4% |
• Xhosa | 30.7% |
• Engels | 1.7% |
• Ander | 2.2% |
Poskode (strate) | 6265 |
Poskode (posbusse) | 6265 |
Skakelkode | 049 |
Geskiedenis
wysigDie dorpie het ontstaan toe die NG Kerk te Uitenhage gedurende 1854 besluit het om 'n nuwe gemeente in die noorde te stig. Die plaas Vergenoegd van P.J. Fourie is uitgekoop. Die plaas lê aan die oewers van die Sondagsrivier. Die dorp is 1855 geproklameer en genoem na JW Janssens, goewerneur van die Kaapkolonie tydens die Bataafse bewind van (1803-1806).
Die NG gemeente Jansenville is amptelik op 4 Februarie 1855 van die moedergemeente Uitenhage, die tweede oudste in die Oostelike Provinsie, afgestig, maar Graaff-Reinet en Somerset-Oos het ook wyke bygedra. Op sy beurt het Jansenville twee dogtergemeentes afgestaan, Waterford in 1919 en Klipplaat in 1944. Teen 2013 was dit die kleinste twee gemeentes in die Sinode van Oos-Kaapland, met onderskeidelik 47 en 40 belydende lidmate.
Landbou
wysigDie belangrikste produkte is merinowol en sybokhaar. Daar is ook angorastoetplase in die gebied.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Jansenville en KwaZamukucinga tydens die 2011-sensus.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jansenville.