Noorsveld

boerderygebied in die verre suidooste van die Karoo, Suid-Afrika

Die Noorsveld (soms bekend as Jansenville Noorsveld) is ‘n boerderygebied in die verre suidooste van die Karoo.[1]

Noorsveld naby Paterson, met soetnoors en spekboom

Ligging

wysig

Die gebied is noord van die Suurberge en die Addo-olifant Nasionale Park. In die suide van die streek is Jansenville, Wolwefontein, Soutpansnek en die Darlingtondam. Noordwaarts strek dit tot Pearston. Aan die westekant strek dit byna tot Klipplaat en oorvleuel daar met die Kamdeboo. Die Sondagsrivier vloei deur die gebied.

Plant en naam

wysig
 
Die noors (Euphorbia heptagona), vroeër bekend as E. enopla

Hier kom natuurlik ‘n hoë getal Euphorbia-spesies voor. Die E. caerulescens (die soetnoors) en E. heptagona staan plaaslik bekend as die noors. Dit groei opvallend in digte klompe en word tot 120 en tot selfs 180 cm hoog. Onder die Britse setlaars was die plant bekend as die “gorge” (in Afrikaans skerpioenkruid of steekbrem), want dit het hulle aan daardie plant in Engeland herinner. In die volksmond van die Nederlandssprekende boere van die omgewing het dit noors geword.

Boerdery

wysig

Skape en bokke, veral angorabokke, wei in die veld. ‘n Reënval van gemiddeld 230 mm p.j. is normaal. Droogtes kom nogal voor en dan is kos vir die vee skaars. Die noors word afgekap, die melksap laat uitloop, laat verlep, die dorings afgebrand en daarna opgekap as veevoer. Blykbaar floreer die veestapel hierop.

Let wel

wysig

Heuning afkomstig van die nektar van die noors veroorsaak soms ‘n branderige sensasie in die mond en keel.

Lees ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Jansenville". karoo-southafrica.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2023. Besoek op 9 Julie 2024.

Bronnelys

wysig
  • Raper, P.E.: Streekname in Suid-Afrika en Suidwes. Naamkundereeks, nr. 1. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers vir die S.A. Naamkundesentrum van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Instituut vir Taal, Lettere en Kuns, 1972. ISBN 0-624-00182-2