Gereformeerde kerk Linden
Die Gereformeerde kerk Linden is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die noordweste van Johannesburg.
Gereformeerde Kerk Linden | ||
Sluit in | Linden Emmarentia Roosevelt Park Greenside Northcliff | |
Klassis | Groter Johannesburg | |
Huidige predikant(e) | Dr. Jacob Pretorius Willem van der Waal | |
Belydende lidmate | 829 | |
Dooplidmate | 396 | |
Adres | H.v. Derdelaan en Sewendestraat Linden Johannesburg | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 19 Februarie 1950 | |
Afgestig van | Johannesburg-Noord (Melville) | |
Eerste predikant | C.E.G. Malan (1951–'66) |
Stigting en kerkbou
wysigDie gemeente Linden het in Februarie 1950 van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Noord afgestig, die eerste van vier Gereformeerde kerke wat in daardie jaar tot stand gekom het. Eers is dienste in die saal van die Hoërskool Linden gehou, met ’n tweede diens in Ferndale of Fontainebleau (die gemeente Randburg sou eers in 1960 van Linden afstig). Met afstigting het die gemeente ’n sentraal geleë erf van Johannesburg-Noord as bruidskat ontvang. Op 12 Desember 1951 is ’n lidmaat, P.R. de Jager, as bouaannemer aangestel en die firma Geers en Geers as argitek. Ds. C.E.G. Malan het die kerk se hoeksteen op 17 Mei 1952 gelê en in 1953 is dit in gebruik geneem. Prof. S. du Toit was die feesspreker.
Weens die afname in die getal Afrikaanssprekende inwoners, en daarmee saam die lidmate van die Gereformeerde Kerk, in die westelike voorstede van Johannesburg, het Johannesburg-Noord in 1997 met Johannesburg (herstig in 1986) saamgesmelt as Johannesburg-Melville. Linden bly egter ’n lewenskragtige gemeente met ’n besonder gunstige verhouding van belydende tot dooplidmate van sowat 2:1. Die jaartalle in dié tabel dui op die jaar waarin die syfers in die Kerk se Almanak verskyn het en nie op die jaar waarin dit getel is nie, gewoonlik die vorige jaar.
1958 | 1959 | 1961 | 1998 | 2002 | 2012 | 2013 | 2014 | 2015 | 2016 | 2021 | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Dooplidmate | 524 | 571 | 340 | 140 | 153 | 210 | 232 | 252 | 272 | 301 | 396 |
Belydende lidmate | 608 | 679 | 425 | 575 | 586 | 606 | 615 | 625 | 545 | 608 | 829 |
Sieletal | 1 132 | 1 250 | 765[1] | 715 | 739 | 816 | 847 | 877 | 817 | 909 | 1 225 |
Predikante
wysig- Malan, Christian Ernst Gerhardus, 1951 – 23 Maart 1966 (oorlede in die amp)
- Du Plessis, Hendrik Lourens Marthinus, 1966–1973 (aanvaar sy emeritaat)
- Visser, dr. Jan, 1969–1974
- Helberg, dr. Abraham Nicolas, 1974–1981
- Venter, Petrus Albertus, 1981–2008 (aanvaar sy emeritaat)
- Pretorius, dr. Jacob, 2001 – hede
- Van der Waal, Willem Maasjan, 2009 – hede
Sendingleraars
wysig- Enslin, dr. Pieter Jacobus Johannes Stephanus, 1966–1968
- Van der Walt, Johannes Hendrik Snyman, 1980–1997 (aanvaar sy emeritaat)
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Verwysings
wysig- ↑ Dié skielike afname was as gevolg van die stigting van Randburg die jaar vantevore
Eksterne skakels
wysig- (af) Die gemeente se webtuiste. URL besoek op 26 November 2015.
- (af) Die kerkgebou, soos te sien op Google Maps. URL besoek op 26 November 2015.