Gewone drolpeer
plantspesie
Die gewone drolpeer (Dombeya rotundifolia) is 'n boom wat noord van die Vaalrivier en in KwaZulu-Natal voorkom. Die boom staan ook bekend as die blompeer. Die boom se FSA-nommer is 471.[2]
Gewone drolpeer | |
---|---|
Met somerloof en lentebloeisels | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Malvaceae |
Genus: | Dombeya |
Spesie: | D. rotundifolia
|
Binomiale naam | |
Dombeya rotundifolia | |
Sinonieme | |
|
Beskrywing
wysigDie blare is amper rond, redelik grof, donkergroen aan die bokant en liggroen aan die onderkant. Dit is gewoonlik een van die eerste bome wat in die lente blom; die bloeisels is gewoonlik wit maar kan ook ligpienk wees. Die blomme verwelk gou maar die kroonblare val nie af nie. Hulle bly aan die boom en word later vlerke aan die ryp vrugte.
Verspreiding
wysigDie boom is inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Galery
wysig-
Stam
-
Blomme
-
Blare
-
Pienk blomme
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- van Wyk, B. and van Wyk, P. 2013. Field Guide to trees of Southern Africa Second Edition. Struik, Cape Town
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online