Godfrey Huggins
Sir Godfrey Martin Huggins (amptelik burggraaf Malvern – "the Right Honourable First Viscount of Rhodesia and of Bexley") (gebore Bexley, Kent, Engeland 6 Julie 1883, oorlede Salisbury, Rhodesië 8 Mei 1971) was dokter, eerste minister van Suid-Rhodesië (1933 tot 1953) en van die Sentraal-Afrikaanse Federasie (1953 tot 1956).
Godfrey Huggins | |
1ste Eerste Minister van die Federasie van Rhodesië en Njassaland
| |
Ampstermyn 7 September 1953 – 2 November 1956 | |
Monarg | Elizabeth II |
---|---|
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Roy Welensky |
Eerste Minister van Suid-Rhodesië
| |
Ampstermyn 12 September 1933 – 7 September 1953 | |
Monarg | George V Edward VIII George VI Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | George Mitchell |
Opgevolg deur | Garfield Todd |
Minister van Buitelandse Sake van die Federasie van Rhodesië en Njassaland
| |
Ampstermyn 7 September 1953 – 2 November 1956 | |
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Roy Welensky |
Minister van Verdediging van die Federasie van Rhodesië en Njassaland
| |
Ampstermyn 7 September 1953 – 2 November 1956 | |
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Roy Welensky |
1ste Burggraaf Malvern
| |
Ampstermyn 1955 – 1971 | |
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | John Huggins |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 6 Julie 1883 Bexley, Suidoos-Londen, Verenigde Koninkryk |
Sterf | 8 Mei 1971 Salisbury, Rhodesië (tans Zimbabwe) |
Politieke party | Reform Party United Federal Party United Rhodesia Party |
Huggings kry sy skoolopleiding aan Malvern-kollege en kwalifiseer daarna as dokter in Londen in 1906. Tot 1911 werk hy in Londense hospitale en verhuis toe na Suid-Rhodesië. Hy wou slegs 'n paar maande bly, maar besluit om hom in die gebied te vestig na hy 'n vennootskap aangebied word. Tydens die Eerste Wêreldoorlog dien hy in Engeland en op Malta en raak in dié tyd 'n kenner op die gebied van wonde en amputasies, waaroor hy talle boeke en geskrifte publiseer. In 1918 keer hy terug na sy aangenome land.
Reeds in 1924 betree Huggins die politiek as lid van die eerste Wetgewende Vergadering ingevolge verantwoordelike regering as lid van die Rhodesian Party en die jaar daarna word hy partyleier. In 1933 is hy met 'n klein meerderheid herkies en vorm later 'n koalisie met sir P.D.L. Flynn, wat lei tot die geboorte van die United Party. Hoewel hy as suksesvolle politikus ontluik het, was hy nog jare lank ook in privaat praktyk. In 1941 slaan die Britse koning hom tot ridder.
Huggins was 'n voorstander van noue bande met Brittanje, maar was nietemin sedert 1935 ten gunste van samesmelting met die twee protektorate noord van Suid-Rhodesië, naamlik Noord-Rhodesië en Njassaland. Brittanje het dié beweging gekeer en uiteindelik word Huggins in 1953 die eerste premier van die Sentraal-Afrikaanse Federasie, 'n amp wat hy beklee tot met sy aftrede in 1956.
In Januarie 1955 maak die koningin hom 'n burggraaf en hy kies 'n titel bestaande uit die name van sy skool, geboorteplek en sy aangenome vaderland. Ten tyde van sy aftrede het hy die rekord gehou vir die langs dienende Statebondsleier, 7 829 dae.
Bronne
wysig- Akers, Mary (red.), Encyclopaedia Rhodesia, The College Press Pvt. Ltd., Salisbury, 1973.
- Rosenthal, Eric, "Encyclopaedia of Southern Africa", Juta and Company Limited, Kaapstad, 1978.