Grace Kelly
Grace Patricia Kelly (12 November 1929 - 14 September 1982), later bekend as prinses Grace van Monaco, was 'n Amerikaanse rolprentaktrise en Oscar-wenner wat later die vrou van prins Rainier III van Monaco geword het.
Grace Kelly | |
Grace Kelly in 1956.
| |
Geboortenaam | Grace Patricia Kelly |
---|---|
Geboorte | 12 November 1929 Philadelphia, PA, (VSA) |
Sterfte | 14 September 1982 (op 52) Monaco-Ville, Monaco |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep(e) | Aktrise |
Rolprente | The Country Girl, To Catch a Thief |
Toekennings | Oscar & Golden Globe vir The Country Girl Golden Globe vir Mogambo |
Sy is in Philadelphia (Pennsilvanië) gebore; haar Ierse Katolieke familie was nuwe, maar prominente figure in Philadelphia se sosiale gemeenskap. Haar vader, John B. Kelly sr., was 'n selfgemaakte miljoenêr.
Rolprentloopbaan
wysigAlhoewel haar familie gekant was teen haar keuse om 'n aktrise te word, het Grace 'n modemodel geword en in haar eerste rolprent, Fourteen Hours (1951), verskyn toe sy 22 jaar oud was. Die volgende jaar was sy te sien in High Noon (1952), 'n omstrede rolprent met die akteur Gary Cooper.
In Oktober 1953 het sy bekendheid verwerf danksy haar rol in die regisseur John Ford se prent Mogambo saam met Clark Gable en Ava Gardner. Sy het in 1954 ’n Golden Globe daarvoor gewen en is vir ’n Oscar benoem. Daarna het sy in vyf rolprente hoofrolle vertolk, insluitende The Country Girl (1954) saam met Bing Crosby, waarvoor sy die Oscar vir beste aktrise gewen het.[1] Ander prente sluit in High Society (1956), saam met Bing Crosby en Frank Sinatra, en drie prente van Alfred Hitchcock: Dial M for Murder (1954), Rear Window (1954) en To Catch a Thief (1955).
Prinses van Monaco
wysigKelly was in April 1955 aan die hoof van die Amerikaanse afvaardiging by die Cannes-rolprentfees. Terwyl sy daar was, is sy genooi om deel te neem aan ’n fotosessie saam met prins Rainier III, die prins van Monaco, in die Prins se Paleis sowat 55 km van Cannes af. Sy het hom op 6 Mei 1955 ontmoet.[2] Sy het in dié tyd met die Franse akteur Jean-Pierre Aumont uitgegaan.[3]
Ná ’n jaar lange hofmakery[4] is prins Rainier in 1956 met Kelly getroud.[5] Daar was ’n burgerlike en godsdienstige seremonie.[6] Sowat 30 miljoen kykers het na raming die troue op televisie gesien. Dit is deur die biograaf Robert Lacey beskryf as "the first modern event to generate media overkill".[7]
Die 700 gaste het verskeie beroemdes ingesluit, soos Aristoteles Onassis, Cary Grant, David Niven, Gloria Swanson, Ava Gardner, Aga Khan III, Gloria Guinness,[8] ens. Frank Sinatra was genooi, maar het nie die troue bygewoon nie.[9][10] Ná die troue is Kelly en Rainier op ’n wittebrood van sewe weke op sy jag op die Middellandse See.[7][11]
Kelly het op 26 jaar uit die rolprentbedryf getree om met haar pligte as die prinses van Monaco te begin. Hulle het drie kinders gehad: Caroline, Albert en Stéphanie. Kelly het haar bande met Amerika behou met ’n dubbele burgerskap van die VSA en Monaco.[12]
Prinses Grace is op 14 September 1982 oorlede ná ’n motorongeluk die vorige dag. Ná haar dood het die Franse dokters wat haar behandel het, bekend gemaak dat sy volgens ’n CT-skandering twee breinbloedings gehad het: die eerste voor die ongeluk (dit was waarskynlik die rede vir die ongeluk) en die tweede terwyl sy in die hospitaal was (vermoedelik weens die fisieke trauma van die ongeluk).[13] Sy was 52 jaar oud toe sy dood is.
Sy is 13de op die lys van die American Film Institute se 25 grootste vroulike sterre van die klassieke Hollywood-rolprentbedryf.[14]
Verwysings
wysig- ↑ "1954 Academy Awards: Winners and History". AMC Filmsite (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019.
- ↑ Annenberg, Walter H., red. (7 Mei 1955). "Grance Kelly Visits Monaco Prince". The Philadelphia Inquirer. Vol. 252, no. 127. Philadelphia, PA. p. 1 – via Newspapers.com.
- ↑ Thompson, Edward K., red. (30 Mei 1955). "Grace's Riviera Romance". TIME. Vol. 28, no. 22. Andrew Heiskell. pp. 14–15. ISSN 0024-3019.
- ↑ " ". The Times. 7 April 2005. p. 59.
- ↑ 1956: Prince Rainier marries Grace Kelly, BBC: On This Day. Besoek op 31 Mei 2008.
- ↑ The Big Week in Monaco: Movies' Pretty Princess Assumes a Real Life Title. 30 April 1956. p. 37. ISSN 0024-3019.
{{cite book}}
:|work=
ignored (hulp) - ↑ 7,0 7,1 Choron, Sandra; Choron, Harry (2010). Planet Wedding: A Nuptial-pedia. Houghton Mifflin Harcourt. p. 103. ISBN 978-0-618-74658-3.
- ↑ Vickers, Hugo (2007). Horses & Husbands – The Memoirs of Etti Plesch. p. 170. ISBN 978-1-904349-54-9.
- ↑ Quine, Judith Balaban (1990). The Bridesmaids: Grace Kelly and Six Intimate Friends. Pocket Books. ISBN 978-0-671-70770-5.
- ↑ Davies, Jennifer. Fatal Car Accidents of the Rich and Famous. RW Press. p. 38. ISBN 978-1-909284-04-3.
- ↑ Taraborrelli 2003, p. 149
- ↑ Buchwald, Art (17 April 1956). "Grace Kelly Can Retain American Citizenship: Status of Pat Poodle Oliver Not So Clear; His Marriage Could Start Monaco Squabble" (in Engels). Los Angeles Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2019.
- ↑ Robinson, Jeffery (23 Oktober 1989). "Princess Grace`s Fatal Crash: Her Daughter`s Account" (in Engels). Chicago Tribune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 September 2018.
- ↑ Profile Geargiveer 7 Julie 2011 op Wayback Machine
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Grace Kelly.
- Grace Kelly in die Internet-rolprentdatabasis