Green Point-vuurtoring, Clansthal
Die Green Point-vuurtoring by Clansthal, KwaZulu-Natal, is 'n aktiewe 21 m (69 voet) hoë gietystertoring met 'n lantern en galery. Dit is geverf in rooi en wit horisontale bane en gebruik 'n Fresnel-lens. Dit het 'n fokale vlak van 85 m (279 voet) en is in 1905 in gebruik geneem. Dit lewer twee wit flitse elke 15 sekondes, met 'n vaste rooi lig wat skyn oor die Aliwal-bank in 'n oostelike en suidoostelike rigting.[1]
Die Aliwal-bank is een van die mees berugte riwwe van die Suid-Afrikaanse kus aan die Indiese Oseaan. In 1892 is twee gietystervuurtorings in hierdie omgewing geïnstalleer, in Scottburgh en aan die noordekant van die Mahlongwanarivier net suid van Umkomaas. Die torings was onvoldoende en daar is besluit om die Green Point-vuurtoring, 'n hoër toring, tussen die twee ouer torings te bou. Die Scottburgh-vuurtoring is na Port Shepstone en die Mahlongwana-vuurtoring na Kaap St. Lucia verskuif.[1]
Die Green Point-vuurtoring is geleë aan die R102-kushoofweg naby Clansthal, 'n klein nedersetting tussen Scottburgh en Umkomaas en sowat 60 km suidwes van Durban.[1]
Senior vuurtoringwagters
wysigVanaf | Tot | Jare | Naam |
---|---|---|---|
1905 | ~1918 | ~13 | C.G. Johnson |
1918-10 | E.D. Bayes | ||
1921-03-31 | J.R. Clingen | ||
1926-03-31 | 1929-03-31 | 3 | D. Hurley |
1930-03-31 | 1939-07-05 | 9 | C.H. Cornish |
1941-03-31 | 1948-09-20 | 7 | T. McInerney |
1948-09-15 | 1952-10-26 | 4 | E.L. Andreason |
1953 | 1956 | ~3 | J.C. Addison |
1956-01-06 | 1956-12-05 | 0 | H.H. Hews |
1957-01-12 | 1960-01-18 | 3 | W.A. Hews |
1960-01-18 | 1963-02 | 3 | F.C. Miller |
1961-11-28 | Omgeskakel na outomatiese beheer |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 Lighthouses of Eastern South Africa Geargiveer 15 Junie 2012 op Wayback Machine, besoek 18 Junie 2012
- ↑ Williams, Harold A. (1993). Southern lights: lighthouses of Southern Africa. Rivonia: William Waterman publications. ISBN 0-9583751-1-9.
Vuurtorings van Suid-Afrika | |
---|---|
Atlantiese Kus en Valsbaai: |
Dasseneiland • Doringbaai • Groenpunt • Groenriviermond • Hondeklipbaai • Kaap Columbine • Kaappunt (Diaspunt) • Kaappunt (Kaap Maclear) • Kaapstadhawe-breekwater • Kaap St. Martin • Milnerton • Mouillepunt • North Head, Saldanhabaai • Port Nolloth • Robbeneiland • Roman Rock • Simonstad-skeepswerf • Slangkop • South Head, Saldanhabaai • Stompneuspunt |
Kaapse Suidkus: |
Cape Seal • Danger Point • Hangklip • Kaap Agulhas • Kaap Infanta • Kaap Sint Blaize • Quoin Point • Ystervarkpunt |
Oos-Kaap: |
Castle Point • Deal-vuurtoring • Donkin Hill • Groot-Vispunt • Hood Point • Kaap Hermes • Kaap Morgan • Kaap Recife • M’bashe Point • Seal Point • South Sand Bluff • Voëleiland |
KwaZulu-Natal: |
Anglo-American-gebou • Cooper • Durnford Point • Green Point (Clansthal) • Ifafastrand • Jesser Point • Kaap St. Lucia • Kaap Vidal • North Sand Bluff • Ou Bluff-vuurtoring • Port Shepstone • Richardsbaai-Noord-breekwater • Richardsbaai • Umhlanga Rocks |