Grootblaaruiehout
Die Grootblaaruiehout (Cassipourea gummiflua) is 'n immergroen boom wat tot mediumgroot kan groei. Die blare van die boom is glasend, teenoorstaande en in kranse van drie gerangskik. Die boom se bas word as tradisionele medisyne gebruik en die populasie in Suid-Afrika word bedreig. Die boom se FSA-nommer is 530.[1]
Grootblaaruiehout | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Rhizophoraceae |
Genus: | Cassipourea |
Spesie: | C. gummiflua
|
Binomiale naam | |
Cassipourea gummiflua Tul., (1856)
| |
Sinonieme | |
|
Verspreiding
wysigDie boom kom voor vanaf Port St. Johns tot in KwaZulu-Natal en ook in die Chimanimaniberge in Zimbabwe. Die spesie is ook inheems in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Madagaskar, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Tanzanië, Togo, Uganda en Zambië.
Sien ook
wysigVerwysings
wysigBronne
wysig- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online