Maak hoofkeuseskerm oop

Hebron (Arabies: الخليل, al-Khalīl, ; Hebreeus: חברון, Ḥewron, ) is 'n stad in die suidelike Wesoewer van die Palestynse Grondgebiede, sowat 30 km suid van Jerusalem met 'n bevolking van 215 452. Die stad is veral bekend vir die Grot van die Patriarge.

Hebron
الخليل
חברון
'n Uitsig oor Hebron
'n Uitsig oor Hebron
Official logo of Hebron
Wapen
Ligging van Hebron op 'n kaart (Palestynse Grondgebiede)
Hebron
Hebron
Koördinate: 31°32′0″N 35°05′42″O / 31.53333°N 35.09500°O / 31.53333; 35.09500Koördinate: 31°32′0″N 35°05′42″O / 31.53333°N 35.09500°O / 31.53333; 35.09500
Land Vlag van Staat Palestina Palestynse Owerheid
Gebied Wesoewer
Goewerment Hebron
Regering
 - Burgemeester Tayseer Abu Sneineh
Oppervlak
 - Dorp 74,102 km²  (28,611 vk m)
Bevolking (2016)
 - Dorp 215 452
Webwerf: hebron-city.ps

Hebron is saam met Jerusalem, Safed en Tiberias een van die vier heilige stede binne Judaïsme.[1] In Islam is Hebron die vierde heiligste stad net na Mekka, Medina en Jerusalem.[2]

Hebron se historiese binnestad is in 2017 deur Unesco as 'n Palestynse wêrelderfenisgebied gelys, wat tot groot spanning met beide Israel en die Verenigde State gelei het. Vervolgens het albei lande hul ontrekking van Unesco vir 31 Desember 2018 aangekondig.[3]

VerwysingsWysig

  1. (en) Joseph Jacobs, Judah David Eisenstein. "PALESTINE, HOLINESS OF:". Jewish Encyclopedia. Besoek op 18 November 2018. 
  2. (en) "Hebron". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 November 2018. 
  3. (en) "Israel to join US in quitting Unesco". BBC. 12 Oktober 2017. Besoek op 18 November 2018. 

Eksterne skakelsWysig