Hermannia althaeifolia
Plantspesie
Die pokkiesblom (Hermannia althaeifolia) is 'n bossie wat deel van die Malvaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 209 727 km². Die spesie word gevind vanaf Namakwaland tot by die Kaapse Skiereiland, die Roggeveldberge-eskarp, Klein-Karoo en die Langkloof.
Pokkiesblom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malvales |
Familie: | Malvaceae |
Genus: | Hermannia |
Spesie: | H. althaeifolia
|
Binomiale naam | |
Hermannia althaeifolia L., (1753)
| |
Sinonieme | |
|
Die plant blom vanaf Augustus tot Oktober, is deel van die fynbos [1]en staan ook as bokkiesblom, klokkiesbos en lanternbos bekend.
Verwysings
wysig- ↑ John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018 ISBN 978 1 77584 590 4