Hertog van Edinburg
Die Hertog van Edinburg, wat genoem is na die stad Edinburg in Skotland, is ’n Britse adellike titel wat sedert 1726 al vier keer herskep is vir lede van die koninklike familie. Die huidige titelhouer is prins Edward, wat dit gekry het op sy 59ste verjaardag op 10 Maart 2023.[1][2][3] Dié vierde skepping van die titel is lewenslank.
Hertog van Edinburg | |
---|---|
Die wapen van prins Edward, Hertog van Edinburg
| |
Geskep | 10 Maart 2023 (vierde keer) |
Eerste houer | Frederick, Prins van Wallis |
Huidige houer | Prins Edward |
Status | In gebruik |
Geskiedenis
wysigDie titel is op 26 Julie 1726 die eerste keer geskep, deur koning Geroge I vir sy kleinseun prins Frederick, wat die volgende jaar die Prins van Wallis geword het. Die titels wat daarmee saamgegaan het, is Baron van Snowdon in die graafskap Caernarvon, Burggraaf van Launceston in die graafskap Cornwall, Graaf van Eltham in die graafskap Kent,[4] en Markies van die Eiland Ely.[5][6][7] Ná prins Frederick se dood het die titel gegaan na sy seun prins George. Toe prins George in 1760 koning George III word, het die titels met die kroon saamgesmelt en ophou bestaan.
Koningin Victoria het die titel op 24 Mei 1866 herskep vir haar seun prins Alfred. Die bykomende titels was Graaf van Kent en Graaf van Ulster.[8] Toe Alfred in 1893 die heerser van die twee Duitse hertogdomme Sakse-Koburg en Sakse-Gotha word, het hy sy Britse titels behou. Sy enigste seun, Alfred, het in 1899 selfmoord gepleeg en die titels het ná Alfred se dood in 1900 in onbruik geraak.
Die titel is op 19 November 1947 ’n derde keer herskep, deur koning George VI vir sy skoonseun luitenant Philip Mountbatten toe dié met prinses Elizabeth trou. Elizabeth het daarna HKH prinses Elizabeth, die Hertogin van Edinburg, geword tot met haar troonbestyging in 1952. Die bykomende titels is Graaf van Merioneth en baron Greenwich. Vroeër in 1952 het Philip afstand van sy titel prins van Griekeland en Denemarke gedoen asook van sy aanspraak op die Griekse troon. In 1957 het hy ’n Prins van die Verenigde Koninkryk geword.[9]
Van 2021-2022 het koning Charles III die titel gehad en in 2023 is dit 'n vierde keer herskep, as 'n lewenslange titel, vir prins Edward.
Hertoë van Edinburg
wysigEerste skepping, 1726
wysigNaam | Foto | Gebore | Huwelik | Dood |
---|---|---|---|---|
Frederick, Prins van Wallis Huis van Hannover 1726–1751 ook: Markies van die Eiland Ely, Graaf van Eltham, burggraaf Launceston, baron Snowdon (1726–1729); Prins van Wallis (1729), Heretog van Cornwall (1337), Hertog van Rothesay (1398) |
1 Februarie 1707 Hannover seun van koning George II en koningin Caroline |
Prinses Augusta van Sakse-Gotha 17 April 1736 9 kinders |
31 Maart 1751 Londen op 44 | |
Prins George Huis van Hannover 1751–1760 ook: Markies van die Eiland Ely, Graaf van Eltham, burggraaf Launceston, baron Snowdon (1751–1760); Prins van Wallis (1751), Hertog van Cornwall (1337), Hertog van Rothesay (1398) |
4 Junie 1738 Londen seun van prins Frederick en prinses Augusta van Sakse-Gotha |
Charlotte van Mecklenburg-Strelitz 8 September 1761 15 kinders |
29 Januarie 1820 Windsor-kasteel, Windsor op 81 |
Tweede skepping, 1866
wysigNaam | Foto | Gebore | Huwelik | Dood |
---|---|---|---|---|
Prins Alfred Huis van Sakse-Koburg en Gotha 1866–1900 ook: Graaf van Kent en Graaf van Ulster (1844) |
6 Augustus 1844 Windsor seun van koningin Victoria en prins Albert |
Groothertogin Maria Aleksandrowna van Rusland 23 Januarie 1874 6 kinders |
30 Julie 1900 Koburg op 55 | |
Prins Alfred het twee seuns gehad, wat albei voor hom dood is; al sy titels het in onbruik geraak ná sy dood. |
Derde skepping, 1947
wysigNaam | Foto | Gebore | Huwelik | Dood |
---|---|---|---|---|
Prins Philip Huis van Glücksburg 1947–2021 ook: Graaf van Merioneth en baron Greenwich (1947) |
10 Junie 1921 Korfoe seun van prins Andrew van Griekeland en Denemarke en prinses Alice van Battenberg |
Koningin Elizabeth II 20 November 1947 4 kinders |
9 April 2021 | |
Prins Charles Huis van Windsor 2021–2022 ook: Prins van Wallis en graaf van Chester (1958), hertog van Cornwall, hertog van Rothesay, graaf van Merioneth en baron Greenwich (1952) |
14 November 1948 Buckingham-paleis, Londen seun van Prins Philip en Elizabeth II |
Diana Spencer 29 Julie 1981 – 28 Augustus 1996 2 kinders Camilla Parker Bowles 9 April 2005 |
Vierde skepping, 2023
wysigNaam | Foto | Gebore | Huwelik | Dood |
---|---|---|---|---|
Prins Edward Huis van Windsor 2023-tans voorheen: Graaf van Wessex |
10 Maart 1964 Buckingham-paleis, Londen seun van Prins Philip en Elizabeth II |
Sophie, Hertogin van Edinburg 20 Januarie 1965 2 kinders |
Verwysings
wysig- ↑ "No. 63995". The London Gazette. 15 Maart 2023. p. 4994.
- ↑ "The King confers The Dukedom of Edinburgh upon The Prince Edward". The Royal Family. 10 Maart 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2023. Besoek op 10 Maart 2023.
- ↑ Coughlan, Sean (10 Maart 2023). "King Charles grants Prince Edward Duke of Edinburgh title". BBC News. Besoek op 10 Maart 2023.
- ↑ London Gazette, uitg. 6494, 12 Julie 1726, p. 1
- ↑ "Frederick Louis Hanover, Prince of Wales". Thepeerage.com. Besoek op 25 Augustus 2014.
- ↑ "Peerages: Eames to Emly" (in Engels). Leighrayment.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 25 Augustus 2014.
- ↑ "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2013. Besoek op 13 Julie 2012.
{{cite web}}
: CS1 maint: archived copy as title (link) - ↑ London Gazette, uitg. 23119, 25 Mei 1866, p. 3127
- ↑ London Gazette, uitg. 41009, 22 Februarie 1957, p. 1209