Huis van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg
Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg (Deens: Slesvig-Holsten-Sønderborg-Glucksborg), van Glücksburg in Noord-Duitsland, is ’n lyn van die Huis van Oldenburg wat afstam van koning Christiaan III van Denemarke. Sy lede sluit in die koningshuise van Denemarke en Noorweë, die afgesette koningshuis van Griekeland en die erfgename van die trone van die Verenigde Koninkryk en vyftien ander Statebondryke.
Huis van Glücksburg | |
---|---|
Stam af van | Huis van Oldenburg |
Lande | Duitsland, Denemarke, Griekeland en Noorweë |
Hoof | Christopher, Hertog van Sleeswyk-Holstein |
Stigter | Friedrich Wilhelm, Hertog van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg |
Gestig | 1825 |
Titels | Hertog van Sleeswyk-Holstein, Koning van Denemarke, Koning van Griekeland, Koning van Noorweë |
Hierdie spesifieke lyn kom van die Hertoë van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Beck. Die laaste een van hulle het die Hertog van Glücksburg geword en sy titel verander na Frederik Wilhelm, Hertog van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg. Hy was getroud met prinses Louise Caroline van Hesse-Kassel, ’n kleindogter van koning Frederik V van Denemarke.
Nie Hertoë van Beck of van Glücksburg was soewereine heersers nie – hul grond was leengrond van die soewereine Hertoë van Sleeswyk en Holstein – die konings van Denemarke en (voor 1773) die Hertoë van Holstein-Gottorp.
Christiaan IX, die vierde seun van Frederik Wilhelm, is deur die kinderlose koning Frederik VII van Denemarke as opvolger gekies omdat Christiaan getroud was met Frederik se niggie, Louise van Hesse-Kassel. Wilhelm, die tweede seun van kroonprins Christiaan en kroonprinses Louise, is op 30 Maart 1863 gekies as koning van Griekeland. Hy het George I van Griekeland geword. Sy pa het op 15 November 1863 koning van Denemarke geword as Christiaan IX. Prins Karel, die tweede seun van Frederik VIII van Denemarke, Christiaan IX se oudste seun, het op 18 November 1905 koning van Noorweë geword as Haakon VII. Christiaan IX se dogters Alexandra van Denemarke en Dagmar (wat Maria Fjodorowna geword het) het getrou met onderskeidelik Edward VII van die Verenigde Koninkryk en Aleksander III van Rusland. Teen 1914 was Christiaan IX se afstammelinge net so algemeen op Europese trone as dié van koningin Victoria.
Konings van Denemarke, 1863 – hede
wysigChristiaan IX van Denemarke | 1863–1906. |
Frederik VIII van Denemarke | 1906–1912. |
Christiaan X van Denemarke | 1912–1947. |
Frederik IX van Denemarke | 1947–1972. |
Margrethe II van Denemarke | 1972–2024. |
Frederik X van Denemarke | 2024–hede. |
Konings van Griekeland, 1863–1973
wysigGeorge I van Griekeland | 1863–1913. |
Konstantyn I van Griekeland | 1913–1917, 1920–1922. |
Alexander van Griekeland | 1917–1920. |
George II van Griekeland | 1922–1924, 1935–1947. |
Paul van Griekeland | 1947–1964. |
Konstantyn II van Griekeland | 1964–1973. |
Konings van Noorweë, 1905 – hede
wysigHaakon VII van Noorweë | 1905–1957. |
Olav V van Noorweë | 1957–1991. |
Harald V van Noorweë | 1991 – hede. |
Verwysing
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:House of Schleswig-Holstein-Sonderburg-Glücksburg