Hesperantha kiaratayloriae
Plantspesie
Hesperantha kiaratayloriae is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Bredasdorp voor. Hier is daar een populasie van minder as 100 plante. Die plant het baie van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing. Die oorblywende populasie groei in grond wat ongeskik is vir landbou maar word bedreig deur oorbeweiding en 'n gebrek aan brand beheer.
Hesperantha kiaratayloriae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | H. kiaratayloriae
|
Binomiale naam | |
Hesperantha kiaratayloriae Goldblatt & J.C.Manning, (2013)
|