Hoya
Hoya is 'n plantgenus in die oleander-familie (Apocynaceae). Dit is voorheen beskou as 'n lid van die aasblomfamilie (Asclepiadaceae), voordat die hele Asclepiadaceae ingelyf is by die oleander-familie. Hoyas kom oorspronklik van Suidoos-Asië, Australië en Nieu-Guinee. The World Checklist of Selected Plant Families erken meer as 520 verskillende soorte.[1]
Hoya | |
---|---|
Hoya lanceolata ssp. bella | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Gentianales |
Familie: | Apocynaceae |
Subfamilie: | Asclepiadoideae |
Tribus: | Marsdenieae |
Genus: | Hoya R.Br. |
Spesies | |
Sien teks | |
Sinonieme | |
Madangia |
Hoyas staan algemeen beken as porseleinblomme of wasplante. Die genus is vernoem deur die botanis Robert Brown, ter ere van sy vriend, die botanis Thomas Hoy.[2]
Die spesies is gewoonlik meerjarige klimplante of soms struike met melksap. Sommige spesies klim uit die grond opwaarts teen bome of heuwels, maar die meeste is epifiete. Hulle klim deur hulself te vleg om boomstompe en met die hulp van lugwortels. Die sukkulente blare is teenstandig, maar die vorm, hoeveelheid hare, dikte, bearing en kleur van die melksap wissel baie.
Die blomme sit in 'n skerm op 'n steel vanuit die bladoksel. Hul is vyfpuntig met saamgesmelte blomblare en 'n komplekse morfologie. Nektar word geproduseer in 'n blombekleedsel. Meeldrade en stempels is ineengegroei in 'n gynostegium. Stuifmeel is versamel in twee pollinia op elke meeldraad en word as 'n geheel oorgedra deur bestuiwers na die volgende blom. Daar bestaan nie baie navorsing op Hoya bestuiwing nie, maar ratsvlieërskoenlappers en pylstertmotte is bepaal as bestuiwers vir sommige spesies.
Die vrug is 'n smal, silindriese kokervrug met talle harige sade. Die kapsules sit individueel en nie in pare soos dit normaalweg in die subfamilie Asclepiadoideae verskyn nie.
Byna 600 variëteite is al beskryf in die genus Hoya, maar ietwat meer as 300 tipes is 'n meer realistiese getal. Hulle groei in hul verskeie vorms in die tropiese en subtropiese woude van Indië, China en Japan tot Australië en die Stille Oseaan-eilande. Verskeie spesies word gekweek as huisplante, insluitend die algemene wasblom (Hoya carnosa) en die dwergwasblom (Hoya lanceolata subsp. bella).
Geselekteerde spesies
wysigDie volgende spesies verskyn in Albers & Meve (2002), en word aanvaar deur beide The Plant List en Tropicos.
- Hoya anulata – Australië (Queensland), Indonesië (Irian Jaya), Nieu-Guinee
- Hoya archboldiana – Indonesië, Nieu-Guinee
- Hoya australis – Australië, Fiji, Indonesië (Irian Jaya), Nieu-Guinee, Salomonseilande, Tonga
- Hoya australis ssp. australis – Australië (Queensland, New South Wales), Samoa, Vanuatu
- Hoya australis ssp. oramicola – Australië (Northern Territory)
- Hoya australis ssp. rupicola – Australië (Western Australia, Northern Territory)
- Hoya australis ssp. sanae Australië (Queensland)
- Hoya australis ssp. tenuipes – Australië (Queensland), Fiji, Indonesië (Irian Jaya), Nieu-Guinee, Salomonseilande, Tonga
- Hoya benguetensis – Filippyne
- Hoya bilobata – Filippyne
- Hoya bordenii – Filippyne
- Hoya calycina – Indonesië, Nieu-Guinee
- Hoya calycina ssp. calycina Indonesië (Irian Jaya), Nieu-Guinee
- Hoya calycina ssp. glabrifolia – Indonesië (Irian Jaya), Nieu-Guinee
- Hoya carnosa – S. China, Indië, Japan, Taiwan, Australië (Queensland), Fiji
- Hoya caudata – Maleisië (Malacca), S. Thailand
- Hoya celebica
- Hoya cinnamomifolia – Indonesië (Java)
- Hoya coriacea – Maleisië, Filippyne, Thailand
- Hoya crassicaulis – Filippyne
- Hoya cumingiana – Filippyne
- Hoya diptera – Fiji (Viti Levu, Taviuni)
- Hoya diversifolia – Kambodja, Indonesië (Borneo, Java, Sumatra), Laos, Maleisië, Myanmar, Filippyne, Singapoer, S. Thailand, S. Vietnam
- Hoya eitapensis – Nieu-Guinee
- Hoya elliptica – Maleisië, Thailand, Singapoer
- Hoya engleriana – Kambodja, Laos, Thailand, Vietnam
- Hoya erythrostemma – Maleisië, Myanmar, S. Thailand
- Hoya finlaysonii – Indonesië (Borneo, Sumatra), Maleisië, Myanmar, S. Thailand
- Hoya fuscomarginata – Slegs bekend in kweking.
- Hoya globulosa – Indië (Sikkim), Nepal
- Hoya heuschkeliana – Filippyne (Luzon)
- Hoya hypolasia – Nieu-Guinee
- Hoya imbricata – Indonesië (Sulawesi), Filippyne
- Hoya imperialis - Filippyne, Maleisië
- Hoya inconspicua – Australië (Queensland), Nieu-Guinee, Salomonseilande
- Hoya kentiana – Filippyne
- Hoya kerrii – China, Kambodja, Indonesië (Java), Laos, NW. Thailand, S. Vietnam
- Hoya lacunosa – Indië, China, Maleisië, Singapoer, Thailand, Indonesië (Borneo, Java, Sumatra)
- Hoya lanceolata – Indië, Nepal, Bhoetan, Myanmar
- Hoya lanceolata ssp. bella – Indië, Nepal, S. Myanmar
- Hoya lanceolata ssp. lanceolata – Bhoetan, Indië, Myanmar, Nepal
- Hoya latifolia – Myanmar, Maleisië, S. Thailand, Indonesië (Borneo, Java, Sumatra)
- Hoya limoniaca – Nieu-Kaledonië
- Hoya linearis – China (Yunnan), Indië (Sikkim), Nepal
- Hoya longifolia – Bhoetan, China, Indië, Nepal, Pakistan, Singapoer, Thailand
- Hoya macgillivrayi – Australië (Queensland)
- Hoya macrophylla – Indonesië (Borneo, Java)
- Hoya magnifica – Nieu-Guinee
- Hoya megalaster – Nieu-Guinee
- Hoya meliflua – Filippyne
- Hoya meredithii – Maleisië(Borneo)
- Hoya mindorensis – Filippyne
- Hoya multiflora – China, Indonesië, Laos, Maleisië, Myanmar, Filippyne, Thailand, Vietnam
- Hoya nicholsoniae – Australië (Queensland), Nieu-Guinee, Salomonseilande
- Hoya nummularioides – Kambodja, Laos, Thailand, Vietnam
- Hoya obovata – Indië, Indonesië, Thailand, Fiji
- Hoya obscura – Filippyne
- Hoya pachyclada – Thailand
- Hoya parviflora – Indië, Maleisië, Myanmar, Indonesië, Thailand
- Hoya parvifolia – Indonesië (Sumatra)
- Hoya pauciflora – Indië (Malabar, Kerala), Sri Lanka
- Hoya pottsii – Australië (Queensland)
- Hoya pubicalyx – Filippyne
- Hoya purpureo-fusca – Indonesië (Java)
- Hoya retusa – Indië (Assam, Bombay Provinsie), Indonesië (Sulawesi)
- Hoya revoluta – Kambodja, Indonesië (Borneo, Java, Sumatra), Laos, Maleisië(Malacca), S. Thailand, Vietnam
- Hoya serpens – Australië (Queensland), Indië (E. Himalaya), Nepal
- Hoya shepherdii – SW. China, Indië
- Hoya siamica – Kambodja, Indië, Laos, NW. Thailand, Vietnam
- Hoya sussuela - Australië (Queensland), Nieu-Guinee, Maleisië
- Hoya thailandica – Thailand (Chang Mai)
- Hoya thomsonii – China (Xizang), Indië (Assam)
- Hoya tsangii – China, Filippyne (Mindanao)
- Hoya verticillata – Brunei, Kambodja, Oos Indië, Indonesië (Borneo, Java, Sulawesi, Sumatra), Laos, Maleisië, Thailand, Singapoer
- Hoya vitellina – Indonesië (Java)
Verwysings
wysig- ↑ World Checklist of Selected Plant Families
- ↑ Robert Brown (1810). Prodromus florae Novae Hollandiae et Insulae Van-Diemen, exhibens characteres plantarum quas annis 1802-1805 per oras utriusque insulae collegit et descripsit Robertus Brown; insertis passim aliis speciebus auctori hucusque cognitis, seu evulgatis, seu ineditis, praaesertim Banksianis, in primo itinere navarchi Cook detectis. Vol. 1. London: Richard Taylor and Biodiversity Heritage Library. p. 459.
Literatuur
wysig- Albers, F. & Meve, U., eds. (2002), Illustrated Handbook of Succulent Plants: Asclepiadaceae, Springer Verlag, ISBN 978-3-540-41964-8, https://books.google.com/books?id=CpSWiIQZLnEC
- Hoya. Flora of China. URL besoek op 2018-02-24.
- L. Wanntorp, A. Kocyan en S. Renner (2006). "Wax plants disentangled: a phylogeny of Hoya (Marsdenieae, Apocynaceae) inferred from nuclear and chloroplast DNA sequences". Mol. Phylogenet. Evol. 39 (3): 722–733. doi:10.1016/j.ympev.2006.01.022. ISSN 1055-7903. PMID 16515867.
- L. Wanntorp m.fl. (2006). "Towards a monophyletic Hoya (Marsdenieae, Apocynaceae): inferences from the chloroplast trnL region and the rbcL-atpB spacer". Syst. Bot. 31 (3): 586–596. ISSN 1548-2324. JSTOR 25064187.
- L. Wanntorp, K. Gotthardt en A.N. Muellner (2011). "Revisiting the wax plants (Hoya, Marsdenieae, Apocynaceae): phylogenetic tree using the matK gene and psbA-trnH intergenic spacer". Taxon. 60 (1): 4–14. ISSN 0040-0262. JSTOR 41059818.
- L. Wanntorp m.fl. (2014). "Wax plants (Hoya, Apocynaceae) evolution: epiphytism drives successful radiation". Taxon. 63 (1): 89–102. ISSN 0040-0262. JSTOR 24639109.
- The Hoya Page. URL besoek op 2018-02-24.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Hoya. |
- UGA research shows some plants can remove indoor pollutants Geargiveer 20 Februarie 2012 op Wayback Machine December 2, 2009
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Wikipedia vertaal. |