Imberi
Imberi (Brycinus imberi) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika noordwaarts van die Pongolarivier tot by die Rufgirivier in Tanzanië. Die vis kom ook voor in die Kongorivier en riviere in Wes-Afrika maar nie die boonste gedeelte van die Zambezirivier nie.
Imberi | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Actinopterygii |
Orde: | Characiformes |
Familie: | Alestidae |
Genus: | Brycinus |
Spesie: | B. imberi
|
Binomiale naam | |
Brycinus imberi |
In Engels staan die vis ook bekend as Imberi of Spot tail - in die Caprivi staan die vis bekend as die Tweekoltiervis.
Voorkoms
wysigDie kop is klein, beenagtig en tipies tiervis. Die tande aan beide kake is opvallend, meerpuntig en in twee rye met 16 bo en 10 onder.
Die vissie se lyf is silwerig van kleur met olyfgroen skakerings op die bodele en geel tot oranje vinne. Daar is 'n swart kol agter die kop en groot vlek (kol) op die basis van die stertvin.
Die vissie word tot 180 mm groot en die wyfies is gewoonlik groter as die mannetjies. Die hengelrekord vir beide Suid-Afrika en Zimbabwe is 0,3 kg.
Habitat
wysigDie vissie kom in alle tipes water voor, maar as gevolg van die feit dat dit ‘n dwergtiervis is en dus dieselfde gewoontes het as sy groter neef, die tiervis, word dit gedwing om in vlak (verkieslik lopende) water te hou.
Hulle jaag alle tipes kunsaas en word per ongeluk gehaak. Die vissie self is uitstekende aas vir tiervis, skerptandbabers, vundu en selfs roofkurpers soos die olyfkurper (Nembwe) en smalkop-kurper.
Sien ook
wysigBron
wysig- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
- Hengelvisse in die Caprivi. Willem Botha. 1984.