Ixia contorta
plantspesie
Ixia contorta is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel van die fynbos is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Sederberg tot by die Koue Bokkeveld en Touwsrivier voor. Die spesie word bedreig deur oorbeweiding en damkonstruksie in die Koue Bokkeveld.
Ixia contorta | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Ixia |
Spesie: | I. contorta
|
Binomiale naam | |
Ixia contorta |