Japie van Wyk
Jacob Albertus van Wyk (9 Junie 1935 - 30 Julie 2021) gebore te Grootdrink, Noord-Kaap) was 'n afgetrede Suid-Afrikaanse politikus, parlementslid vir die kiesafdeling Gordonia van 1981 tot 1994, lid van die Nasionale Party en minister van omgewing, waterwese en bosbou van 1993 tot 1994 in die kabinet van F.W. de Klerk.
Japie van Wyk | |
Minister van Omgewing, Waterwese en Bosbou
| |
Ampstermyn 1993 – 1994 | |
President | F.W. de Klerk |
---|---|
Voorafgegaan deur | Gert Kotzé |
Opgevolg deur | Kader Asmal |
Lid van die Volksraad
| |
Ampstermyn 1981 – 1994 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Jacob Albertus van Wyk 9 Junie 1935 Grootdrink, Kaapland |
Sterf | 30 Julie 2021 (op 86) |
Politieke party | Nasionale Party |
Eggenoot/-note | Petra Henning |
Kind(ers) | 3 |
Biografie
wysigHy het in 1986 by die PW Botha-regering aangesluit as adjunkminister van waterwese en grondsake.
Tydens die grondwetlike onderhandelinge van 1992-1993 was hy saam met Rina Venter, Hernus Kriel, André Fourie, Danie Schutte, Tertius Delport en Magnus Malan, een van die ministers wat 'n harde lyn gevolg het te midde van die eise van die African National Congress. Ten slotte besef hulle dat enige poging om die ooreenkoms teë te werk nutteloos is en dat daar geen geloofwaardige alternatiewe oplossings is om die politieke oorlewing van die Afrikanervolk te waarborg nie [1].
Privaatlewe
wysigJapie van Wyk is die seun van Frans Petrus en Hester Maria van Wyk. Hy trou op 10 Mei 1958 met Petra Henning en het 3 kinders.
Verwysings
wysig- ↑ Hermann Giliomee, The Last Afrikaner Leaders: A Supreme Test of Power, Tafelberg, 2012, p 407-408