Karakalpakië
| |||||
Volkslied: Қарақалпақстан Республикасының Мәмлекетлик Гимни (Karakalpaks vir: "Volkslied van die Republiek Karakalpakië") | |||||
Ligging van Karakalpakië in Oesbekistan | |||||
Kaart van Karakalpakië | |||||
Amptelike tale | Karakalpaks en Oesbekies | ||||
Hoofstad | Nukus | ||||
Grootste stad | Nukus | ||||
Eerste minister | Musa Jernijazof | ||||
Oppervlakte - Totaal |
161 358 km² | ||||
Bevolking - Totaal (2017) - Bevolkingsdigtheid |
1 817 500 11,26/vk km | ||||
Geldeenheid | Oesbekiese som (UZS) | ||||
Tydsone | UTC: +5 (UZT) |
Karakalpakië (Karakalpaks: Qaraqalpaqstan, Қарақалпақстан; Oesbekies: Qoraqalpogʻiston), amptelik die Republiek Karakalpakië (Karakalpaks: Qaraqalpaqstan Respublikası, Қарақалпақстан Республикасы; Oesbekies: Qoraqalpogʻiston Respublikasi), is 'n outonome republiek binne Oesbekistan in Sentraal-Asië.[1] Dit beslaan die hele noordweste van Oesbekistan en is geleë tussen Kasakstan in die noorde en Turkmenistan in die suide. Karakalpakië beslaan 'n oppervlakte van 161 358 km² en het 'n bevolking van 1 817 500 in 2017 gehad.[2] Die hoofstad en grootste stad is Nukus.
Die naam Qaraqalpaq is afgelei van twee woorde: qara beteken "swart" en qalpaq "hoed"; Karakalpak beteken dus "swart hoed" en verwys na die Karakalpakke se tradisionele hoofbedekking.[3] Die landskap word gekenmerk deur die eens groot Aralmeer asook die rivier Amoedarja wat dié meer weens landbougeriewe nie meer kan bereik nie.
Karakalpakië beskik oor 'n hoe vlak van outonomie binne Oesbekistan en het 'n eie parlement, 'n eie regering en eie nasionale simbole. Karakalpaks vorm saam met Oesbekies die amptelike tale. Die republiek se bevolking bestaan uit etniese groepe soos 36% Oesbeke, 33% Karakalpakke, 25% Kasakke, 6% Turkmene, Russe en ander minderhede.[4]
In Julie 2022 het groot betogings in die streek uitgebreek oor 'n voorgestelde grondwetlike verandering wat Karakalpakstan van sy outonomie sou ontneem.[5][6] Die voorgestelde verandering is later geskrap in reaksie op die betogings.[7]
Distrikte
wysigKarakalpakië bestaan uit 14 distrikte (Karakalpaks: rayon; Oesbekies: tuman) en sewe selfregerende stede (Karakalpaks: qalas; Oesbekies: shahar).
No. | Distrik | Hoofstad | No. | Distrik | Hoofstad | No. | Distrik | Hoofstad | No. | Distrik | Hoofstad |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Amudaryo Aʻmu daʻrya |
Mangʻit Manʻgʻıt |
5 | Kegeyli Kegeyli |
Kegeyli Kegeyli |
9 | Qoʻngʻirot Qonʻırat |
Qoʻngʻirot Qonʻırat |
13 | Toʻrtkoʻl Toʻrtkuʻl |
Toʻrtkoʻl Toʻrtkuʻl |
2 | Beruniy Biruniy |
Beruniy Biruniy |
6 | Moʻynoq Moynaq |
Moʻynoq Moynaq |
10 | Qoraoʻzak Qaraoʻzek |
Qoraoʻzak Qaraoʻzek |
14 | Xoʻjayli Xojeli |
Xoʻjayli Xojeli |
3 | Chimboy Chimbay |
Chimboy Chimbay |
7 | Nukus Noʻkis |
Oqmangʻit Aqmanʻgʻıt |
11 | Shumanay Shomanay |
Shumanay Shomanay |
Die eersgenoemde benamings is die Oesbekiese s'n, die tweede die Karakalpakse naam | ||
4 | Ellikqalʼa Ellikqala |
Boʻston Bustan |
8 | Qanlikoʻl Qanʻlıkuʻl |
Qanlikoʻl Qanʻlıkuʻl |
12 | Taxtakoʻpir Taxtakoʻpir |
Taxtakoʻpir Taxtakoʻpir |
Verwysings
wysig- ↑ "Karakalpakstan" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2018. Besoek op 25 Januarie 2019.
- ↑ "Uzbekistan: Regions, Major Cities & Towns – Population Statistics in Maps and Charts" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2019. Besoek op 25 Januarie 2019.
- ↑ (de) Heinz-Gerhard Zimpel: Lexikon der Weltbevölkerung, Artikel „Karakalpaken“, bl. 259
- ↑ (de) Der Fischer Weltalmanach 2011, Artikel „Karakalpakstan“, bl. 496
- ↑ "Uzbekistan's new constitution: More for Mirziyoyev, less for Karakalpakstan". eurasianet.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2022. Besoek op 1 Julie 2022.
- ↑ "Жители Узбекистана вышли на митинги после конституционной реформы". www.kommersant.ru (in Russies). 1 Julie 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2022. Besoek op 1 Julie 2022.
- ↑ "Uzbekistan scraps plans to curb Karakalpak autonomy after protest". Reuters (in Engels). 2 Julie 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2022. Besoek op 2 Julie 2022.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Karakalpakië.