Die karie (Eucalyptus diversicolor) is 'n bloekomboom en indringerplant uit Australië wat in Suid-Afrika genaturaliseer geraak het. In Australië is dit endemies aan die hoër reënvalgebiede van suidelike Wes-Australië, en is ook 'n bosbouspesie van kommersiële belang. Dit bereik tipies 'n hoogte van tussen 10 en 60 meter, maar kan by uitsondering so hoog as 90 meter groei. Die volksnaam Karie is ontleen aan die inheemse Noengartaal, en die spesienaam diversicolor reflekteer dat die blare se bo- en onderkante verskillend gekleurd is.

Karie
Die Gloucester-boom, 'n reusagtige eksemplaar in Wes-Australië
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Myrtales
Familie: Myrtaceae
Genus: Eucalyptus
Spesie:
E. diversicolor
Binomiale naam
Eucalyptus diversicolor
F.Muell., (1863)
Die natuurlike verspreiding in suidelike Wes-Australië
Sinonieme
  • Eucalyptus colossea F.Muell.

Suid-Afrikaanse aanplantings

wysig

Die groep karie-bloekoms wat in 1922 by Harkerville oos van Knysna geplant is groei 'n eeu later al 70 meter hoog. 'n Laning karie-bloekoms wat meer as twee eeue gelede op Boschendal op die Helshoogtepad geplant is, het 'n hoogte van 50 meter, en 'n kroonspan van 33 meter. Albei hierdie boomgroepe is tot kampioenbome verklaar wat ingevolge die Nasionale Bosbouwet (Wet nr. 84 van 1998) beskerming geniet.[1]

Fotogalery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Esterhuyse, Neels; von Breitenbach, Jutta; Soehnge, Hermien; van der Merwe, Izak (2016). Remarkable Tree of South Africa, Table 4: Champion trees in South Africa (2de uitg.). Pretoria: Briza. pp. 51–61. ISBN 978-1-920217-66-2.

Bronne

wysig
 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Eucalyptus diversicolor