Maak hoofkeuseskerm oop

Kazuo Ishiguro (Japannees: カズオ・イシグロ of 石黒 一雄; gebore 8 November 1954) is 'n Japannees-gebore Engelse romanskrywer. Sy familie het in 1960 van Japan na Engeland verhuis. Ishiguro is een van die mees gevierde hedendaagse skrywers in die Engelse taal. Hy het die Booker-prys in 1989 gewen vir sy roman The Remains of the Day. In 2017 is die Nobelprys vir Letterkunde aan hom toegeken.[1]

Kazuo Ishiguro
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Kazuo Ishiguro in 2005

Gebore 8 November 1954 (1954-11-08) (65 jaar oud)
Nagasaki, Japan
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma mater Universiteit van Kent
Beroep Romanskrywer
Bekend vir A Pale View of Hills (1982)
An Artist of the Floating World (1986)
The Remains of the Day (1989)
Never Let Me Go (2005)
The Buried Giant (2015)
Eerbewyse Winifred Holtby Gedenkprys (1982)
Whitbread-prys (1986)
Booker-prys (1989)
Orde van die Britse Ryk (1995)
Chevalier de l'Ordre des Arts et des Lettres (1998)
Nobelprys vir Letterkunde (2017)
Huweliksmaat Lorna MacDougall (1986–hede)
Kind(ers) Naomi Ishiguro (1992)

LewensloopWysig

Hy is gebore in Nagasaki, Japan; sy gesin het in 1960 na die Verenigde Koninkryk verhuis toe hy vyf was.[2] Ishiguro het in 1978 aan die Universiteit van Kent met 'n baccalaureusgraad in Engels en filosofie gegradueer en in 1980 sy meestersgraad aan die Universiteit van East Anglia in kreatiewe skryfkursus behaal.

Ishiguro word beskou as een van die mees gevierde hedendaagse fiksie-outeurs in die Engelstalige wêreld, wat vier nominasies vir die Man Booker-prys ontvang het en die toekenning in 1989 gewen het vir sy roman The Remains of the Day. Ishiguro se roman, Never Let Me Go, is aangewys as die beste roman van die jaar en is opgeneem in die tydskrif se lys van die beste Engelse taal romans wat tussen 1923 en 2005 gepubliseer is. Volgens hom was die grootword in 'n Japannese familie in Brittanje noodsaaklik vir sy skryfwerk, aangesien dit hom in staat gestel het,om 'n ander perspektief as dié van baie van sy Britse eweknieë te ontwikkel. Sy sewende roman, The Buried Giant, is in 2015 gepubliseer.

In 2017 het die Sweedse Akademie Ishiguro die Nobel-prys in Letterkunde toegeken, wat hom beskryf as 'n skrywer "wat in romans van groot emosionele krag, die afgrond ontbloot het onder ons illusionêre siening van verbintenis met die wêreld." Ishiguro was in die 2018 Koningin se Verjaarsdag-erelys tot ridder verhef.

WerkeWysig

RomansWysig

A Pale View of Hills (1982)

An Artist of the Floating World (1986)

The Remains of the Day (1989)

The Unconsoled (1995)

When We Were Orphans (2000)

Never Let Me Go (2005)

The Buried Giant (2015)

Kortverhaal bundelWysig

Nocturnes: Five Stories of Music and Nightfall (2009)

RolprentdraaiboekeWysig

A Profile of Arthur J. Mason (televisie film vir Channel 4)(1984)

The Gourmet (televisie film vir Channel 4) (1987)

The Saddest Music in the World (2003)

The White Countess (2005)

KortverhaleWysig

A Strange and Sometimes Sadness, Waiting for J en Getting Poisoned (in Introduction 7: Stories by New Writers, 1981)[32]

A Family Supper (in Firebird 2: Writing Today, 1983)

Summer After the War (in Granta 7, 1983)

October 1948 (in Granta 17, 1985)

A Village After Dark (in The New Yorker, May 21, 2001)

LiriekeWysig

• "The Ice Hotel"; "I Wish I Could Go Travelling Again"; "Breakfast on the Morning Tram", and "So Romantic"; Jim Tomlinson / Kazuo Ishiguro, op Stacey Kent se 2007 Grammy-genomineerde album, Breakfast on the Morning Tram.

• "Postcard Lovers"; Tomlinson / Ishiguro, op Kent se album Dreamer in Concert (2011).

• "The Summer We Crossed Europe in the Rain"; "Waiter, Oh Waiter", and "The Changing Lights"; Tomlinson / Ishiguro, op Kent se album The Changing Lights (2013).

• "Bullet Train"; "The Changing Lights", and "The Ice Hotel"; Tomlinson / Ishiguro, op Kent se album I Know I Dream: The Orchestral Sessions (2017).

• "The Ice Hotel"; Tomlinson / Ishiguro – Quatuor Ébène, met Stacey Kent, op die album Brazil (2013).

VerwysingsWysig

  1. (en) "The Nobel Prize in Literature 2017". Nobelprize.org. Besoek op 7 Oktober 2017.
  2. Oe, Kenzaburo (1991). “The Novelist in Today's World: A Conversation”. Boundary 2 18 (3).

Eksterne skakelsWysig