Lachenalia pygmaea
Lachenalia pygmaea is 'n meerjarige blomdraende plant en geofiet en is deel van die Sukkulente Karoo en die fynbos. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap en kom in twee gebiede voor. Dit kom in Namakwaland op die Kamiesberg en suid van Garies voor. Verder suid kom dit in die De Hoop-natuurreservaat asook op die noordelike voorheuwels van die Anysberg voor. Tans het die plant geen bedreigings nie.
Lachenalia pygmaea | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. pygmaea
|
Binomiale naam | |
Lachenalia pygmaea (Jacq.) G.D.Duncan, (2012)
| |
Sinonieme | |
|