Lofty Nel
Johannes Arnoldus (Lofty) Nel (*11 Augustus 1935 in Pretoria[1] – †18 Julie 2016 in Kaapstad[2]) was op sy dag ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Junior Bokke en as agtsteman en flank vir die Springbokke gespeel het. Nel was ewe tuis op agtsteman of flank en kon ook in die slotposisie sak. Hy het van 1957 tot 1971 vir Transvaal, Wes-Transvaal en die ou Suidoos-Transvaal gespeel.
| |||||
Volle naam | Johannes Arnoldus Nel | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 11 Augustus 1935 | ||||
Geboorteplek | Pretoria, Suid-Afrika | ||||
Sterftedatum | 18 Julie 2016 (op 80) | ||||
Sterfteplek | Kaapstad, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 193 cm | ||||
Massa | 98,4 kg | ||||
Skool | Hoërskool Riebeeck | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Agtsteman; Flank | ||||
Springbokno. | 362 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Wesrand RFC | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1957–1960 1961–1963 |
Transvaal Wes-Transvaal |
||||
korrek soos op 10 Augustus 2014. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1959 1960–1970 |
Junior Springbokke Suid-Afrika |
11 |
(0) | ||
korrek soos op 10 Augustus 2014. |
Die Mielieboere het in 1964 onder Nel se kapteinskap die SARB-raadstrofee gewen.[3] Onder kapteinskap van Peter Allen is Nel ingesluit by ’n Junior Springbokspan wat in 1959 na Argentinië getoer het en al dertien wedstryde gewen het, ’n totaal van 456 punte aangeteken het en ’n skamele 47 punte afgestaan het.[4]
Nel maak sy Springbokdebuut op 25 Junie 1960 teen die All Blacks in Johannesburg. Hy het sy laaste toets op 12 September 1970, ook in Johannesburg, en teen dieselfde span gespeel. Hy het in elf toetse gespeel waatvan drie teen Australië en agt teen Nieu-Seeland was en waarvan die Springbokke vyf toetse gewen en ses verloor het. Nel het voorts in dertien toerwedstryde gespeel, en in provinsiale kleure teen Ierland (1961), die Britse en Ierse Leeus (1962 en 1968), Australië (1963 en 1969), Rhodesië (1966), Frankryk (1967) en Nieu-Seeland (1970).[5]
Nel het 26 jaar lank as verteenwoordiger vir SA Brouerye op Witbank gewerk. Hy het in 2000 afgetree.
Verwysings
wysig- ↑ Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau
- ↑ "Oud-Springbok Lofty Nel sterf" (in Engels). Nuus24. 19 Julie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 19 Julie 2016.
- ↑ Africa News Agency (19 Julie 2016). "SA Rugby bring hulde aan Lofty Nel" (html). Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 20 Julie 2016.
- ↑ "'n Kort geskiedenis van die Junior Springbokke/Gaselle" (html) (in Engels). The McLook Rugby Collection. 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2019. Besoek op 20 Julie 2016.
- ↑ LOFTY NEL: ‘skok-keuse’ van die Bokke Rugby is nou vir hom Grieks[dooie skakel], Rapport, 15 Augustus 1999