Luiperds
- Sien Luiperd vir die artikel oor die soogdier.
Die Luiperds is 'n provinsiale rugbyspan in Potchefstroom, Suid-Afrika. Hulle was voorheen bekend as Wes-Transvaal en het lank in die volksmond bekend gestaan as die Mielieboere.
Luiperds | ||||
Bynaam(e) | Mielieboere | |||
Embleem | Luiperd | |||
Stigting | 1920 | |||
Unie | Luiperds Rugbyunie | |||
Ligging | Potchefstroom | |||
Streek | Noordwes | |||
Stadion | Olënpark | |||
Kapasiteit | 22 000 | |||
Afrigter(s) | Jorrie Muller | |||
Kaptein(s) | Jeandré Rudolph | |||
Liga(s) | Curriebeker Vodacombeker | |||
Unie webwerf | ||||
www.leopardsrugby.com |
Die Luiperds se tuisveld is Olënpark in Potchefstroom en soms die Royal Bafokeng-stadion naby Rustenburg. Hulle ding jaarliks mee om die Curriebeker en die Vodacombeker. Die voedingsbron vir die unie is hoofsaaklik die Noordwes-Universiteit.
Huidige spelers (2015)
wysig
Voorrye Hakers Slotte |
Losvoorspelers Skrumskakels Losskakels |
Senters
Vleuels
Heelagters
|
Springbokspelers
wysigDie Wes-Transvaalspelers wat ook vir die Springbokke uitgedraf het in die vorige eeu is:[1]
Van | Noemnaam Bynaam |
Doopnaam(e) | Aantal Toetse | Geboortedorp en datum |
Skool | Datum van eerste toets | Datum van laaste toets |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Aucamp | Hans | Johannes | 2 | Steynsburg, 27 Oktober 1898 | Hoërskool Paul Kruger, Steynsburg | 16 Augustus 1924 | 23 Augustus 1924 |
Bates | Albie | Albert Jacobus | 4 | Germiston, 18 April 1941 | Hoërskool Milner, Klerksdorp | 20 Desember 1969 | 3 Junie 1972 |
Claassen | Johan | Johannes Theodorus | 28 | Prins Albert, 23 September 1929 | Hoërskool Christiana | 6 Augustus 1955 | 25 Augustus 1962 |
de Vos | Dirk | Dirk Johannes Jacobus | 3 | Kroonstad, 8 April 1941 | Graeme-kollege, Grahamstad | 17 April 1965 | 6 Desember 1969 |
du Plessis | Nick | Nicolaas Johannes | 5 | Steynsburg, 4 Desember 1894 | Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch | 27 Augustus 1921 | 13 September 1924 |
Myburgh | Champion | Willem Hendrik | 1 | Paarl, 10 Oktober 1897 | Paarl Hoër Seunskool | 16 Augustus 1924 | 16 Augustus 1924 |
Nel | Lofty | Johannes Arnoldus | 11 | Pretoria, 11 Augustus 1935 | Hoërskool Riebeeck, Randfontein | 25 Junie 1960 | 12 September 1970 |
Putter | Dick | Diederick Johannes | 3 | Onbekend, 13 Februarie 1932 | Hoërskool Nylstroom | 13 Julie 1963 | 7 September 1963 |
van der Merwe | Flippie | Phillip Rudolph | 6 | Dibeng, 8 Julie 1957 | Hoërskool Diamantveld, Kimberley | 29 Augustus 1981 | 26 Augustus 1989 |
van der Schyff | Jack | Jack Henry | 5 | Kimberley, 11 Junie 1928 | Hoër Seunskool Kimberley | 16 Julie 1949 | 6 Augustus 1955 |
Walker | Harry | Henry Newton | 4 | Durban, 1 Julie 1928 | Kearsney-kollege, Durban | 19 September 1953 | 1 September 1956 |
Johan van der Schyff en Paul Durand is vir die Springbokke gekies maar het nie in ’n toets gespeel nie.
Ander
wysigDie volgende spelers het vir die unie gespeel voor hulle na ander unies is waar hulle Springbokke geword het:[2]
- Ockie Oosthuizen
- Gert Smal
- Deon Oosthuysen†
- Kobus Wiese
- Robert du Preez
- Schutte Bekker
- Marius Hurter
- Henry Tromp
- Henno Mentz
- Tiaan Liebenberg
- Franco van der Merwe
- Gerhard Mostert
- Lood de Jager
- Akker van der Merwe
† Oosthuysen het nooit in ’n toets gespeel nie, maar wel in 12 toerwedstryde.
Verwysings
wysig- ↑ http://www.genslin.us/bokke/ Besoek op 27 September 2009
- ↑ Heenop, Albert (12 Julie 2020). "Mielieboer-rugby: Weste was wíld en taf" (html). Besoek op 13 Julie 2020.