Maak hoofkeuseskerm oop

Dr. Louis Viljoen Rex (gebore Utrecht 26 Julie 1907, oorlede Johannesburg 15 Desember 1959) was predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en ten tyde van sy dood aktuarius van die Sinode van die Suidstreek van Transvaal, later die Sinode Hoëveld.

Dr. L.V. Rex
Dr. Rex omstreeks 1940 as leraar van Drieankerbaai
Dr. Louis Viljoen Rex

Naam Louis Viljoen Rex
Geboorte 26 Julie 1907
Utrecht, Natal
Sterfte 15 Desember 1959
Johannesburg, Transvaal
Kerkverband Nederduits Gereformeerd
Gemeente(s) Steynsburg, Drieankerbaai, Queenstown, Carolina, Bronberg, Queenstown-Oos en Johannesburg-Oos
Jare aktief 1931-1959
Kweekskool Kweekskool, Stellenbosch
Dr. Viljoen het in 1928 in Maties se studenteraad gedien. Agter: A.A. Smuts (B.A.), (later ds.) O.A. Cloete (B.A.), C.P. van der Merwe (B.A.), E. Stals (B.Sc.), H. Liebenberg (B.A.), A.A. Smuts (B.Sc.), E.P. Groenewald (M.A.). Middel: (later prof.) H.B. Thom (M.A., adjunkvoorsitter), J.C. van der Westhuizen (M.A., sekretaris), (later ds.) Berning Malan (B.A., voorsitter), Erika Theron (B.A., asst.sekr.), (later dr.) Louis Rex (B.A.) Voor: J.C. Pauw (B.A.), P.A. Weber (B.A., penningmeester), L.H. Bartel (B.Sc.) Abraham Jonker (inlas) was afwesig.

Gemeentelike bedieningWysig

Rex is in 1931 tot die bediening toegelaat en het agtereenvolgens die gemeentes Steynsburg (1932 - 1939), Drieankerbaai (1939 - 1941), Queenstown (1941 - 1947), Carolina (1947 - 1948), Bronberg, Queenstown-Oos en Johannesburg-Oos (die Irenekerk) (1957 - 1959) bedien.

Kerklike leierWysig

Hy het dikwels sy kerk in belangrike kommissies gedien. Hy was onder meer lid van die Raad van die Kerke (die voorloper van die Algemene Sinode) en het in die eksamenkommissies vir teologiese studente in Kaapland en Transvaal gedien. Hy was onder meer secundi van die Sinodale Kommissie van die Ring van Pretoria-Oos, voorsitter van die Transvaalse Sinode se Kommissie vir Studente-bearbeiding, lid van die Kommissie van Revisie, primarius van die Kommissie vir Eksaminatore vir Dogmatiek, lid van die Kommissie vir Aktuele Vraagstukke en tydens sy heengaan actuarius van die Sinode van die Suidstreek van die Transvaalse Kerk nadat hy ds. M.S. Joubert opgevolg het wat uit die sinodale ressort vertrek het om 'n beroep na Pietersburg te aanvaar.

Sy opvolger ná sy skielike dood was ds. Willie Jonker (later ook leraar van Johannesburg-Oos van 1966 tot 1968). Van hom is gesê dat hy buitengewone talente, gepaard met 'n innige godsvrug, geopenbaar het.

 
Dr. Rex, afgeneem sowat sewe jaar voor hy in die amp oorlede is ná 'n lang siekbed.

Hy sterf 10 dae voor Kersfees in Desember 1959, ná 'n lang siekbed, in die ouderdom van 52 jaar.

BronneWysig

  • Acta van die vierde vergadering van die Suid-Transvaalse Sinode van die N.G. Kerk gehou te Pretoria op 26 Maart 1963 en volgende dae.