Lughawe Praag-Ruzyně
Die Internasionale Václav Havel-lughawe Praag (Tsjeggies: Letiště Václava Havla Praha) (ICAO: LKPR, IATA: PRG) is die grootste lughawe in die Tsjeggiese Republiek en die tweede grootste in Sentraal-Europa. Dit dien as 'n openbare burgerlike lughawe. Die lughawe is in die wyk van Ruzyně in die hoofstad en grootste stad van die Tsjeggiese Republiek, Praag geleë. In 2010 het die lughawe 11 556 858 passasiers hanteer en 156 052 vliegtuie geland. Die lughawe het twee aanloop- en landingsbane, wat ongeveer 3 000 meter lank is. Die lughawe is op 5 April 1937 geopen en kan groot vliegtuie soos die Airbus A380 en Boeing 747-8 hanteer.
Internasionale Václav Havel-lughawe Praag Letiště Václava Havla Praha | |||
---|---|---|---|
Die Praag-Ruzyně Internasionale Lughawe. | |||
IATA: PRG – ICAO: LKPR | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Letiště Praha | ||
Bedien | Praag, Tsjeggië | ||
Ligging | Ruzyně | ||
Spil vir | Czech Airlines Korean Air SmartWings Travel Service Airlines | ||
Fokuspunt vir | Wizz Air | ||
Hoogte bo seevlak | 1 247 vt / 380 m | ||
Koördinate | 50°06′03″N 14°15′36″O / 50.10083°N 14.26000°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
06/24 | 3 715 | 12 191 | Beton |
12/30 | 3 250 | 10 665 | Beton |
2 120 | 6 955 | Teer/beton | |
Helikopterblaaie | |||
Aantal | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
H2 | 11,2 | 37 | Teer |
H3 | 11,2 | 37 | Teer |
H4 | 11,2 | 37 | Teer |
Statistieke (2022) | |||
Passasiers | 10 734 880 244% (na-Covid-19) | ||
Lugbewegings | 100 629 | ||
Lugvrag | 47 773 ton | ||
Bronne: Tsjeggiese Lugvaartinligtingspublikasie by "EUROCONTROL"[1] |
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lughawe Praag-Ruzyně.
- (en) (cs) (ru) Praag-Ruzyně se webtuiste Geargiveer 24 Februarie 2010 op Wayback Machine