Lys van konings van die Lombarde
Die konings van die Lombarde of reges Langobardorum (enkelvoud rex Langobardorum) was vanaf die vroeë 6de eeu totdat die Lombardiese identiteit in die 9de en 10de eeu verlore geraak het, die monarge van die Lombarde. Ná 774 was hulle nie meer Lombarde nie, maar Franke, nadat hulle onderwerp is deur Karel die Grote. Vanaf die 12de eeu het die votiefkroon en die relikwie wat bekend staan as die Ysterkroon (Corona Ferrea) terugwerkend 'n simbool van hul heerskappy geword, alhoewel dit nooit deur die konings van die Lombarde gebruik is nie.
Die primêre bronne vir die Lombardiese konings voor die Frankiese verowering is die anonieme 7de-eeuse Origo Gentis Langobardorum en die 8ste-eeuse Historia Langobardorum van Paulus Diakonus. Die vroegste konings (die pre-Letinge) wat in die Origo gelys word, is byna seker legendaries. Hulle het na bewering gedurende die groot migrasietydperk geregeer.
NAAM | PERIODE | Opmerkings: |
380 - 774 | Konings van die Lombarde | |
Angelmund | 380 - 410 | |
Lamisso | 410 - 420 | |
Lethuc | 420 - 460 | |
Hildeoc | 460 - 480 | |
Godehok | 480 - 490 | |
Klaffo | 490 - 495 | |
Tato | 495 - 510 | |
Wacho | 510 - 539 | |
Waltari | 539 - 546 | |
Audoin | 546 - 565 | |
Alboin | 565 - 572 | |
Clef | 572 - 574 | |
574 - 584 | INTERREGNUM | |
Autari | 584 - 590 | |
Agilulf | 591 - 616 | |
Adoald | 616 - 626 | |
Ariovald | 626 - 636 | |
Rothari | 636 - 652 | |
Rodoald | 652 - 653 | |
Aripert I | 653 - 661 | |
Gondibert + Perctarit | 661 - 662 | |
Grimoald I van Benevento | 662 - 671 | |
Garibald | 671 | |
Perktarit | 671 - 688 | medekoning saam met sy seun Kunipert van 680 tot 688 |
Kunipert | 688 - 700 | usurpator Alahis (688-689) |
Liutpert | 700 - 701 | usurpator Raginpert |
Aripert II | 701 - 712 | |
Ansprand | 712 | |
Liutprand | 712 - 744 | |
Hildebrand | 744 | |
Ratchis | 744 - 749 | |
Aistulf | 749 - 756 | |
Desiderius | 756 - 774 | |
774 | die koninkryk van die Lombarde word deur Karel die Grote verower |