München Internasionale Lughawe
München Internasionale Lughawe (Duits: Flughafen München; IATA-kode: MUC, ICAO: EDDM) is die internasionale lughawe van München, die hoofstad van Beiere. Dit is die tweede besigste lughawe in Duitsland in terme van passasiersverkeer na die Lughawe Frankfurt, en die sewende besigste lughawe in Europa, met die hantering van 38,7 miljoen passasiers in 2013.[1] Dit is die wêreld se 14de besigste lughawe in terme van internasionale passasiersverkeer,[3] en was die 30ste besigste lughawe wêreldwyd in 2013.[4] Münchenlughawe dien as die sekondêre sentrum vir Lufthansa insluitende Lufthansa-streeks en sy Star Alliance-vennote. Die grootste buitelandse karweier in München in terme van passasiersgetalle is Air Dolomiti.[5]
München Internasionale Lughawe (de) : Flughafen München | |||
---|---|---|---|
IATA: MUC – ICAO: EDDM | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | Flughafen München GmbH | ||
Bedien | München, Duitsland | ||
Ligging | naby Freising | ||
Spil vir |
| ||
Fokuspunt vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 1 487 vt / 453 m | ||
Koördinate | 48°21′14″N 11°47′10″O / 48.35389°N 11.78611°O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
08R/26L | 4 000 | Beton | |
08L/26R | 4 000 | Beton | |
Helikopterblaaie | |||
Aantal | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
H | 30 | Beton | |
Statistieke (2019) | |||
Passasiers | 47 959 885 | ||
Passasiersverskil 2017–2018 | +3.6% | ||
Lugbewegings | 417 138 | ||
Lugbewegingsverskil 2017–2018 | +0.9% | ||
Bronne: Passasiersbewegings & Lugbewegings, IVF[1] Duitse Lugvaartinligtingspublikasie deur EUROCONTROL[2] |
Die lughawe is 28,5 km (17,7 myl) noord van München geleë naby die ou stad van Freising en is genoem ter nagedagtenis aan die voormalige Beierse Eerste Minister Franz Josef Strauss. Dit beskik oor twee passasiersterminale en twee aanloopbane sowel as uitgebreide vrag- en onderhoudsfasiliteite, en is ten volle in staat om groot vliegtuie soos die Airbus A380 te hanteer.
Openbare weerstand teen 'n nuwe derde aanloopbaan
wysigOp 26 Julie 2005 het die Raad van die Flughafen München GmbH (FMG) besluit om, as gevolg van kapasiteitsbeperkinge van die twee bestaande aanloopbane, die plaaslike beplanningsproses aan die gang te sit vir die konstruksie van 'n nuwe derde aanloopbaan.
Tydens die referendum op 17 Junie 2012 in München is die beplande konstruksie van 'n derde aanloopbaan by Münchenlughawe egter verwerp met 'n meerderheid van 54,3% stemme. 32,8% van die burgers van München het aan die stemming deelgeneem. Die fraksies van CSU, SPD, FDP, die Freien Wähler en die Bayernpartei het op 1 Februarie 2012 in München se stadsaal besluit om groot meerderheidsteun aan die begeerte van die Raad te verleen.
Maar selfs voor die alliansie "München teen die derde aanloopbaan" begin het, vanaf Bündnis 90/Die Grünen met die ODP op die linkervleuel, ondersteun deur verskeie omgewings-organisasies, is 'n petisie om 'n ope burgerstemming te hou, ingedien. Die KVR ("Kreisverwaltungsreferat") het die voorgelegde handtekeninge nagegaan; en bevind dat met 31 430 geldige handtekeninge die nodige kworum van 30 831 handtekeninge bereik is (3% van die kiesers in München). Daar is toe op drie vrae gestem: Referendum 1: "vir" of "teen" die Raadsbegeerte vir die verdere lughawe-uitbreiding, of referendum 2: "vir" of "teen" die openbare petisie teen die bou van die derde aanloopbaan. Daarbenewens sou 'n ewekansige vraag bepaal of goedkeuring of afkeuring aan die beplande lughawe-uitbreiding verleen moes word. Die meerderheid burgers het teen die derde aanloopbaan gestem.
Hoewel die een-jaar verbintenistydperk van die burgers se besluit reeds verstryk het, is die konstruksie van die derde aanloopbaan tans polities onmoontlik, aangesien alle besluite in die Algemene Vergadering van Flughafen München GmbH eenparig blyk te wees. Wettige goedkeuring is verleen en daar is op 'n positiewe beplanning besluit deur die regering van Beiere vir die konstruksie van 'n derde aanloopbaan, wat in alle opsigte in 'n uitspraak van die Beierse Administratiewe Hof (VGH) bevestig is op 19 Februarie 2014. Die Stad van München hou 23% van die aandele in die Münchenlughawe, die ander aandeelhouers (Beiere 51% en Wes-Duitsland 26%) bepleit steeds die konstruksie van die derde aanloopbaan.
Statistiek
wysigJaar | Passasiers | % Verandering | ||
---|---|---|---|---|
2000 | 23,125,872 | |||
2001 | 23,646,900 | 2% | ||
2002 | 23,163,720 | -2% | ||
2003 | 24,193,304 | 4.4% | ||
2004 | 26,814,505 | 11% | ||
2005 | 28,619,427 | 6.7% | ||
2006 | 30,757,978 | 7.4% | ||
2007 | 33,959,422 | 10.4% | ||
2008 | 34,530,593 | 1.6% | ||
2009 | 32,681,067 | -5.3% | ||
2010 | 34,721,605 | 6% | ||
2011 | 37,763,701 | 8.7% | ||
2012 | 38,360,604 | 1.5% | ||
2013 | 38,672,644 | 1% | ||
2014 | 39,700,515 | 2.6% | ||
2015 | 40,998,553 | 3.2% | ||
2016 | 42,277,920 | 3.1% | ||
2017 | 44,546,263 | 5.3% | ||
2018 | 46,253,623 | 3.8% | ||
2019 | 47,959,885 | 3.6% | ||
2020 | 11,120,224 | 76.8% | ||
2021 | 12,496,432 | 12.4% | ||
Bron: Munich Lughawe[6][7][8] |
Roetestatistiek
wysigRang | Lughawe | Vertrekkende passasiers | Bedryfsrederye |
---|---|---|---|
1 | Hamburg | 271,704 | Eurowings, Lufthansa |
2 | Berlyn-Brandenburg | 219,586 | Lufthansa |
3 | Düsseldorf | 215,028 | Eurowings, Lufthansa |
4 | Frankfurt | 170,653 | Lufthansa |
5 | Keulen/Bonn | 117,261 | Eurowings, Lufthansa |
Rang | Lughawe | Alle passasiers | Bedryfsrederye |
---|---|---|---|
1 | Londen–Heathrow | 156,903 | British Airways, Lufthansa |
2 | Amsterdam-Schiphol | 129,741 | Eurowings, KLM, Lufthansa, Transavia |
3 | Parys–Charles de Gaulle | 119,506 | Air France, Lufthansa |
4 | Madrid | 102,736 | Air Europa, Iberia, Lufthansa |
5 | Athene | 97,928 | Aegean, Lufthansa |
6 | Rome–Fiumicino | 93,632 | Alitalia, Lufthansa |
7 | Barcelona | 88,487 | Lufthansa, Vueling |
8 | Stockholm–Arlanda | 76,405 | Lufthansa, Norwegian, Scandinavian Airlines |
9 | Kopenhagen | 72,981 | Lufthansa, Norwegian, Scandinavian Airlines |
10 | Lissabon | 72,946 | Lufthansa, TAP |
Rang | Lughawe | Vertrekkende passasiers | Bedryfsrederye |
---|---|---|---|
1 | Doebai–Internasionaal | 76,353 | Emirates, Lufthansa |
2 | Doha | 48,104 | Qatar Airways |
3 | Bangkok–Suvarnabhumi | 39,402 | Lufthansa, Thai Airways |
4 | Aboe Dhabi | 37,895 | Etihad Airways |
5 | Newark–Liberty | 37,813 | Lufthansa, United Airlines |
Vliegtuie op Münchenlughawe
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Flughafenverband ADV. "Statistiken IVF 2013 – Flughafenverband ADV – Unsere Flughäfen: Regionale Stärke, Globaler Anschluss". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2015. Besoek op 2 Junie 2015.
- ↑ "EAD Basic". Besoek op 2 Junie 2015.
- ↑ "Airports Council International – Year to date International Passenger Traffic Data". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2016. Besoek op 13 September 2014.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2018. Besoek op 13 September 2014.
- ↑ http://www.aero.de/news-18584/Groesste-internationale-Fluglinie-in-Muenchen.html
- ↑ Flughafenverband ADV. "Flughafenverband ADV – Unsere Flughäfen: Regionale Stärke, Globaler Anschluss". Besoek op 2 Junie 2015.
- ↑ Annual Traffic Reports (31 Mei 2016). "Munich Airport". www.munich-airport.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2016.
- ↑ Annual traffic. "Traffic figures". www.munich-airport.com.
- ↑ 9,0 9,1 9,2 "Air passenger transport between the main airports of Germany and their main partner airports (routes data)". Eurostat. Besoek op 6 Desember 2021.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie München Internasionale Lughawe.
- (en) Münchenlughawe
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |