Malalane
- Hierdie artikel handel oor die dorp in Mpumalanga. Vir ander gebruike, sien Malalane (dubbelsinnig).
Malalane is 'n klein dorp in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika. Die vorige naam Malelane is in 2007 amptelik verander na Malalane; afgelei van Swazi eMlalani vir "palmplek" of lala vir "slaap". Die N4-nasionale pad gaan deur die dorp. Malalane lê aan die suide-oewer van die Krokodilrivier wat die Krugerwildtuin se suidelike grens vorm, en is ongeveer 40 km noord van Eswatini geleë.
Malalane (voorheen Malelane) | |
---|---|
'n Straattoneel in Malalane | |
Koördinate: 25°29′S 31°31′O / 25.483°S 31.517°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Nkomazi |
Stigting | 1949 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,94 km2 (1,14 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 486 |
• Digtheid | 1 186/km2 (3 070/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 43,2% |
• Indiërs/Asiërs | 10,7% |
• Bruin mense | 2,6% |
• Swart mense | 43,3% |
• Ander | 0,3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 41,2% |
• Swazi | 25,6% |
• Engels | 17,9% |
• Tsonga | 3,4% |
• Ander | 11,8% |
Poskode (strate) | 1320 |
Poskode (posbusse) | 1320 |
Skakelkode | 013 |
Geskiedenis
wysigKaptein G.J. (Mkonto) Elphick was een van die vroegste pioniers van die area. Na sy deelname aan die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) koop hy die ou Malelaneplaas, waar hy suksesvol katoen, lemoene, papajas, mango's en tamaties produseer. Elphic vestig ook die eerste winkel in die Malelane-omgewing.[2] Die dorp is in Julie 1949 op die plaas Malelane geproklameer. Die naam is 'n vervorming van die Swazi-uitdrukking emlalani (die plek van die lalapalms).
Distrik
wysigDaar word suikerriet, subtropiese vrugte en wintergroente in die distrik verbou. Daar is 'n toegangshek na die Krugerwildtuin naby die dorp.
Sien ook
wysigBron
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Malalane.