Catharanthus
Catharanthus is ’n genus blomplante in die familie Apocynaceae. Hulle is algemeen bekend as kanniedoods. Daar is agt bekende spesies, waarvan sewe endemies op Madagaskar is.[2] Een spesie, C. roseus, kom egter wydverspreid oor die wêreld voor.[1][3] Die agtste spesie, C. pusillus, is inheems aan Indië en Sri Lanka.[4] Die naam Catharanthus kom uit Grieks en beteken "suiwer blom".[5]
Catharanthus | |
---|---|
Catharanthus roseus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Catharanthus |
Tipespesie | |
Catharanthus roseus (L.) G. Don.
| |
Sinonieme | |
|
Beskrywing
wysigHulle is meerjarige kruie met blare wat teenoor of amper teenoor mekaar geleë is. Die plante dra gewoonlik enkelvoudige blomme. Elk het ’n blomkelk met vyf, lang, smal lobbe en ’n kroon met ’n buisvormige keel en vyf lobbe.[5]
Catharanthus roseus word as ’n sierplant in tuine gegroei. Verskeie kultivars is al gekweek vir blomme van baie skakerings van pienk, rooi, pers en wit, of in ligte skakerings met donker kele.[6]
Spesies
wysig- Catharanthus coriaceus Markgr. – Madagaskar
- Catharanthus lanceus (Bojer ex A.DC.) Pichon – Madagaskar
- Catharanthus longifolius (Pichon) Pichon – Madagaskar
- Catharanthus ovalis Markgr. – Madagaskar
- Catharanthus pusillus (Murray) G.Don. – Indië, Sri Lanka, Wes-Himalaja
- Catharanthus roseus (L.) G.Don. – wydverspreid
- Catharanthus scitulus (Pichon) Pichon – Madagaskar
- Catharanthus trichophyllus (Baker) Pichon – Madagaskar
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 "World Checklist of Selected Plant Families". Besoek op 21 Mei 2014.
- ↑ Catharanthus. Madagascar Catalogue. eFloras.
- ↑ "Catharanthus roseus". Germplasm Resources Information Network (GRIN). Agricultural Research Service (ARS), United States Department of Agriculture (USDA). Besoek op 12 Desember 2017.
- ↑ "Catharanthus pusillus". Germplasm Resources Information Network (GRIN). Agricultural Research Service (ARS), United States Department of Agriculture (USDA). Besoek op 12 Desember 2017.
- ↑ 5,0 5,1 Catharanthus. The Jepson eFlora 2013.
- ↑ Catharanthus roseus. Missouri Botanical Garden.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Catharanthus.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Catharanthus
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia