Meles Zenawi
Meles Zenawi Asres (Ge'ez: መለስ ዜናዊ ኣስረስ, mäläs zenawi asräs; , geboortenaam: Legesse Zenawi Asres; 9 Mei 1955 – 20 Augustus 2012) was 'n Ethiopiese politikus wat van 1995 tot sy dood in 2012 die leier van Ethiopië was.
Meles Zenawi | |
Meles Zenawi in 2014 | |
Eerste Minister van Ethiopië
| |
Ampstermyn 23 Augustus 1995 – 20 Augustus 2012 | |
President | Negasso Gidada Girma Wolde-Giorgis |
---|---|
Voorafgegaan deur | Tamirat Layne |
Opgevolg deur | Hailemariam Desalegn |
Waarnemende President van Ethiopië
| |
Ampstermyn 28 Mei 1991 – 22 Augustus 1995 | |
Eerste minister | Tesfaye Dinka Tamirat Layne |
Voorafgegaan deur | Tesfaye Gebre Kidan (waarnemend) |
Opgevolg deur | Negasso Gidada |
Parlementslid
| |
Ampstermyn 19 Mei 1995 – 20 Augustus 2012 | |
1ste Voorsitter van die Ethiopiese Volksrewolusionêre Demokratiese Front
| |
Ampstermyn 8 Mei 1988 – 20 Augustus 2012 | |
Voorafgegaan deur | Party gestig |
Opgevolg deur | Hailemariam Desalegn |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Legesse Zenawi Asres 9 Mei 1955 Adwa, Tigray, Keiserryk Ethiopië (nou Ethiopië) |
Sterf | 20 Augustus 2012 (op 57) Brussel, België[1] |
Politieke party | Volksbevrydingsfront van Tigray Ethiopiese Volksrewolusionêre Demokratiese Front Marxisties-Leninistiese Liga van Tigray |
Eggenoot/-note | Azeb Mesfin |
Kind(ers) | 3 |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Volksbevrydingsfront van Tigray |
Jare in diens | 1975–1991 |
Oorloë/Veldslae | Ethiopiese Burgeroorlog |
Nadat hy die Ethiopiese Volksrewolusionêre Demokratiese Front in die Ethiopiese Burgeroorlog tot 'n oorwinning gelei het, het hy gedien as president van die oorgangsregering van Ethiopië van 1991 tot 1995, daarna as die 7de premier van Ethiopië van 1995 tot met sy dood in 2012. Vanaf 1989 was hy die voorsitter van die Volksbevrydingsfront van Tigray (TPLF) en die hoof van die EPRDF sedert sy stigting in 1991.
In 1975 het hy Haile Selassie I-universiteit verlaat om by die TPLF aan te sluit en teen die Derg (die Mengistu Haile Mariam-geleide militêre diktatuur in Ethiopië) te veg. Ná die omverwerping van die militêre regering van die Derg het hy president van die oorgangsregering en later premier geword. Gedurende sy ampstermyn het Ethiopië een van die vinnigste groeiende ekonomieë in Afrika geword.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Ethiopian PM Meles Zenawi dies after illness". BBC. 21 Augustus 2012. Besoek op 1 Desember 2024.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Meles Zenawi.