Mercedes-Benz OM606-enjin
Die Mercedes-Benz OM606 is 'n 2 996 cc (3,0 L) Inlynsessilinder dubbele bonokas (DOHC) dieselenjin met indirekte inspuiting vervaardig deur Mercedes-Benz tussen 1993 en 2001. Dit het die OM603-enjin met enkele bonokas (SOHC) vervang.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Produksietyd | 1993–2001 |
Konfigurasie | Inlynsessilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 3,0 L (2 996 cc) |
Boorwydte | 87 mm (3,43 in) |
Slaglengte | 84 mm (3,31 in) |
Drukverhouding | 22.0:1 (Turbo)
25.0:1 (Natuurlik asp.) |
Massa | 210 kg |
Stelsels | |
Klepwerking | DOHC 4 kleppe per silinder |
Brandstoftipe | Diesel |
Turboaanjaer | Slegs op OM 606.96x |
Brandstofstelsel | Indirekte inspuiting |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 100-130 kW |
Wringkrag | 210-330 Nm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | OM603-enjin |
Opvolger | OM613-enjin |
Dit is verwant aan die inlynviersilinder 2,0 en 2,2 liter OM604 en die inlynvyfsilinder 2,5 liter OM605-enjinfamilies van dieselfde era.
Ontwerp
wysigDie enjinblok self is afgelei van die 6-silinder M103- en M104- petrolenjins, met die diesel se krukas wat ietwat van die petrolweergawes verskil. Voor die samesmelting met Mercedes-Benz het AMG Affalterbach die OM603- en OM606-krukas in gemodifiseerde vorm gebruik vir die 3,4 liter- en 3,6 liter-AMG M104-petrolenjinvariante.
Spesifikasies
wysig