NGC 604
NGC 604 is 'n H II-gebied in die Driehoeksterrestelsel. Dit is op 11 September 1784 deur William Herschel ontdek. Dit is een van die grootste H II-gebiede in die Plaaslike Groep sterrestelsels; teen die Driehoeksterrestelsel se geraamde afstand van 2,7 miljoen ligjare, is sy grootste deursnee rofweg 1 520 ligjare, meer as 40 keer die grootte van die sigbare deel van die Orionnewel. Dit is meer as 6 300 keer so helder as die Orionnewel, en as dit net so ver was, sou dit helderder as Venus gewees het.
NGC 604 | ||||
NGC 604 in die Driehoeksterrestelsel, soos gesien deur die James Webb-ruimteteleskoop. | ||||
Soort newel | H II-gebied | |||
Sterrebeeld | Driehoek | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 01h 34m 33.2s[1] | |||
Deklinasie | +30° 47′ 06″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | +14[1] | |||
Absolute magnitude (M) | -13,8 | |||
Besonderhede | ||||
Ouderdom (jaar) | 3,5 miljoen | |||
Ander name | ||||
Geen | ||||
|
Sy gas word geïoniseer deur 'n sterreswerm van swaar sterre in sy middel,[2] waarvan 200 van spektraaltipe O en WR is. Dit het 'n massa van sowat 105 sonmassas en is 3,5 miljoen jaar oud.[3] Dit is egter baie minder kompak as die sentrale swerm R136 van die Groot Magellaanse Wolk se Tarantula-newel en stem meer ooreen met 'n groot sterassosiasie.[4]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for NGC 604. Besoek op 3 September 2006.
- ↑ Nemiroff, R.; Bonnell, J., reds. (2 November 2002). "NGC 604: Giant Stellar Nursery". Astronomy Picture of the Day. Nasa.
- ↑ Barba, Rodolfo (2004). "An in-depth analysis of a prototypical giant H II region: NGC 604". HST Proposal ID #10419: 10419. Bibcode:2004hst..prop10419B.
- ↑ Maíz-Apellániz, J.; Pérez, E.; Mas-Hesse, J. M. (2004). "NGC 604, the Scaled OB Association (SOBA) Prototype. I. Spatial Distribution of the Different Gas Phases and Attenuation by Dust". The Astronomical Journal. 128 (3): 1196–1218. arXiv:astro-ph/0406130. Bibcode:2004AJ....128.1196M. doi:10.1086/422925. S2CID 8099926.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie NGC 604.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.