Nieu-Bethesda
Nieu-Bethesda is 'n klein dorpie in die Groot-Karoo, Suid-Afrika, sowat 50 km noord van Graaff-Reinet in die Sneeuberg-gebied. Dit is in 1878 gestig deur Charles Murray, predikant van die NG gemeente Graaff-Reinet, gestig met die woorde "En laten wy deze plaats nu Bethesda noemen", vanweë die vrugbaarheid van die area en die aanwesigheid van voldoende water. Sy bedoeling was om die gemeente "nou Bethesda" te noem (na aanleiding Johannes 5: vers 2-4), maar dis verkeerdelik genotuleer as "Nieuwe Bethesda" en so het die NG gemeente Nieu-Bethesda lank bekendgestaan tot dit later reggestel is as na "Nu-Bethesda", net om weer later na Nieu-Bethesda terug te verander.
Nieu-Bethesda | |
---|---|
Nieu-Bethesdavallei | |
Koördinate: 31°52′0″S 24°33′0″O / 31.86667°S 24.55000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Dr Beyers Naudé |
Stigting | 1878 |
Oppervlak | |
• Totaal | 34,05 km2 (13,15 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 540 |
• Digtheid | 45/km2 (120/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 65.2% |
• Swart mense | 25.1% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 92.0% |
• Engels | 6.4% |
• Xhosa | 1.0% |
• Ander | 0.6% |
Skakelkode | 049 |
Webwerf | http://www.nieubethesda.info/ |
Nieu-Bethesda was die tuiste van Helen Martins (1898-1976). Saam met Koos Malgas (1937-2000) het sy 'n asembenemende hoeveelheid kunswerke nagelaat. Die hele tuin en huis is vol daarvan. Die huis staan bekend as die Uilhuis.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Kaart wat die ligging van die dorp aandui. Geargiveer 26 September 2012 op Wayback Machine
- Meer inligting Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine
- Nieu Bethesda se amptelike webtuiste
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Nieu-Bethesda". Sensus 2011.