Nuer (taal)
Nuer (Thok Naath) is 'n Nilo-Sahariese taal wat deur die Nuer-volk van Suid-Soedan en westelike Ethiopië (Gambela) as moedertaal gepraat word.
Nuer Thok Naath | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Ethiopië Suid-Soedan | |
Gebied: | Soedangebied | |
Totale sprekers: | 896 280[1] | |
Taalfamilie: | Nilo-Saharies Oos-Soedannees Niloties Wes-Niloties Dinka-Nuer Nuer | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | nus
| |
ISO 639-3: | nus
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Nuer is die naaste verwant aan Dinka, die taal van die Nuer se tradisionele aartsvyande, die Dinka; albei is van Oos- en Sentraal-Afrika se mees verspreide inheemse tale. Luo is ook nou verwant.
Nuer is nes baie Afrikatale tonaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde. Dit word in die Latynse alfabet met bykomende letters geskryf.
Die Nuer-volk bly veral langs die Nylrivier, in die besonder die oostelike oewer van die Wit Nyl – 'n belangrike sytak wat in 'n noordelike rigting deur Suid-Soedan vloei – noord en suid van die Sudd in die suidelike Sudan se drie voormalige provinsies: Bahr el Ghazal, Bo-Nyl en suidelike Kordofan. Sedert 9 Julie 2011 behoort die gebied tot Suid-Soedan.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Nuer" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 11 Augustus 2019.
Eksterne skakels
wysig- (en) "Nuer (Thok Naath)". Omniglot. Besoek op 11 Augustus 2019.