Olifantsrivier, Namakwaland
- Vir ander riviere genaamd "Olifantsrivier", sien asseblief die dubbelsinnigheidsblad by Olifantsrivier.
Die Olifantsrivier is 'n rivier aan die Weskus van die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Olifantsrivier | |
---|---|
Die Olifantsrivier vloei deur die Sederberg 'n paar kilometer vanaf Citrusdal.
| |
Stroomgebied | Wes-Kaap |
Hoofrivier | Olifantsrivier |
Oorsprong | Skurweberg |
Sytak -links | Modderrivier |
Sytak -regs | Doringrivier |
Monding | Atlantiese Oseaan |
Lengte | 265 km (165 myl) |
Monding-hoogte | 0 |
Stroomgebiedopp. | 46 220 km² (17 846 myl²) |
Koördinate: 31°42′27″S 18°12′6″O / 31.70750°S 18.20167°O |
Naam
wysigDie rivier het sy naam gekry van adelbors Jan Danckaert wat beweer dat hy 'n trop van 300 olifante hier gesien wei het op sy eerste ontdekkingsreis in die gebied.[1][2]
Ontspring
wysigDie rivier ontspring tussen Ceres en Citrusdal, net wes van die Skurweberg en noord van die Witzenberg by 33°09′12″S 19°14′18″O / 33.1532°S 19.238296°O.
Roete
wysigDie rivier vloei 265 km ver meestal noord en net oos van die Olifantsrivierberge, deel van die Groot-Winterhoekberge, verby. Dit vloei noord deur Citrusdal en bly hiervandaan net oos van die N7 nasionale pad en wes van die Sederberg, deur die Clanwilliamdam, verby Clanwilliam en hou steeds oos van die N7 tot amper by Klawer. Nét voor Klawer vloei die rivier onderdeur die N7, draai wes verby Vredendal, draai weer suid by Koekenaap en mond uit by 31°42′27″S 18°12′6″O / 31.70750°S 18.20167°O digby Papendorp in die Atlantiese Oseaan, sowat 250 km noord van Kaapstad.
Sytakke
wysigEnkele sytakke van die Weskus se Olifantsrivier is die:
Visse
wysigDie volgende visspesies is endemies aan die rivier:
- Barnard se klipbaber
- Clanwilliam-geelvis
- Clanwilliam-klipbaber
- Clanwilliam-rooivlerkie
- Clanwilliam-saagvin
- Clanwilliam-sandvis
- Tweerivier-rooivlerkie, slegs in die Tweerivier, 'n sytak van die Olifantsrivier.
- Vurige rooivlerkie
Verwysings
wysig- ↑ Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995 ISBN 1-86842-026-4
- ↑ Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5