Oxalis natans

Plantspesie

Die waterklawer (Oxalis natans) is 'n knolagtige geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Stellenbosch tot by Somerset-Wes en die Elandsberg voor. Die plant is deel van die fynbos. Die spesie se getalle het met 90% gedaal weens verlies van habitat: voorstedelike ontwikkeling op die Kaapse Vlakte, aanlê van wingerde en graan verbouing in die Swartland en rondom Somerset-Wes en Stellenbosch. Die oorblywende plante sukkel om voor te plant weens inteling, die oorblywende populasie is net te klein.

Waterklawer
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Oxalidales
Familie: Oxalidaceae
Genus: Oxalis
Spesie:
O. natans
Binomiale naam
Oxalis natans
Thunb., (1781)
Sinonieme
  • Acetosella natans (Thunb.) Kuntze
  • Oxalis rugulosa Turcz.

Bronne

wysig