Palmwindswael
Die palmwindswael (Cypsiurus parvus) is 'n windswael. Die voëls behoort aan die genus Cypsiurus wat onder die familie van windswaelagtiges (Apodidae) ressorteer.
Palmwindswael | |
---|---|
By waaierpalms in die Krugerwildtuin | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Apodiformes |
Familie: | Apodidae |
Genus: | Cypsiurus |
Spesie: | C. parvus
|
Binomiale naam | |
Cypsiurus parvus (Lichtenstein, 1823)
| |
verspreiding van C. parvus verspreiding van C. gracilis, 'n aanverwante spesie
X: Geïsoleerde / uitbreidende voorkoms van C. parvus |
Hulle kom algemeen in Afrika suid van die Sahara, sowel as in Madagaskar voor en maak in palmbome met breë blare nes. Die voël is 'n algemene standvoël en plaaslike somertrekvoël, tot in die Oos-Kaap. In Engels staan die voël as die African palm swift bekend.
Voorkoms
wysigDie voël is ligbruin, skraal en vaartbelyn met lang sekelvormige vlerke en 'n lang diep, gevurkte mikstert. Hulle het die langste stert van al die windswaels. Tydens ververing kan die voël met die skaarswindswael verwar word.
Sien ook
wysigBronnelys
wysig- Newman se Voëls van Suider-Afrika. ISBN 1-86872-982-6
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7