Visvalk
(Aangestuur vanaf Pandion haliaetus)
Die Visvalk (Pandion haliaetus) is 'n roofvoël wat aan die suid-, oos en weskus van Suid-Afrika voorkom. Dit is die enigste spesie in die familie van visvalke (Pandionidae). Die voël staan in Nederlands as die visarend bekend, maar moet nie met die Afrikaanse visarend verwar word nie.
Visvalk | |
---|---|
'n Noord-Amerikaanse subspesie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Pandionidae |
Genus: | Pandion Savigny, 1809
|
Spesie: | P. haliaetus
|
Binomiale naam | |
Pandion haliaetus (Linnaeus, 1758)
| |
Voorkoms
wysigDie voël se kuif is effens wit met 'n donkerbruin masker deur die oë. Die vlerke is donker met wit onderkante.
Habitat en gewoontes
wysigDie visvalk verkies baaie aan die kus en riviermondings. Hulle kom ook in binnelandse waters, soos die Hardapdam, voor. Hulle broei in Europa en is 'n somerbesoeker aan Suid-Afrika. Hulle is alleenlopend en jag vis uit die lug deur onder die water in te duik om die vis met hul kloue te vang. Dit is bekend dat hul prooi deur visarende gesteel word.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ BirdLife International (2008). "Pandion haliaetus". 2008 IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Besoek op 24 Februarie 2009.
Bron
wysig- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0