Pennington
Pennington is 'n dorpie en oord aan die Indiese Oseaan in die Ugu-distrik van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Pennington | |
---|---|
Die strand by Pennington | |
Koördinate: 30°23′S 30°42′O / 30.383°S 30.700°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Ugu |
Munisipaliteit | uMdoni |
Oppervlak | |
• Totaal | 9,40 km2 (3,63 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 332 |
• Digtheid | 248/km2 (640/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 80.9% |
• Indiërs/Asiërs | 5.2% |
• Bruin mense | 1.1% |
• Swart mense | 12.2% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Engels | 73.5% |
• Zoeloe | 6.7% |
• Xhosa | 0.5% |
• Afrikaans | 16.6% |
• Ander | 2.7% |
Geskiedenis
wysigDie dorpie is vernoem na die Penningtonfamilie uit Engeland wat aan die begin van die 1900's hier begin boer het. Die dorpie het 'n belangrike rol gedurende die Unie van Suid-Afrika gespeel. Sir Frank Reynolds, een van KwaZulu-Natal se vroeë suikermagnate, het 'n deel van die Pennington-landgoed gekoop en dit Umdonipark genoem. Op hierdie landgoed het hy 'n vakansiehuis gebou vir die uitsluitlike gebruik van die eerste ministers van Suid-Afrika. Generaal Louis Botha was die eerste minister wat hierdie fasiliteit gebruik het. Planne is in 1952 beraam dat koning George VI hier sou kom aansterk het (hy het aan 'n longsiekte gely) maar hy is ongelukkig oorlede voor dit kon gebeur.
Die N2 nasionale pad gaan naby die dorpie verby.
Sien ook
wysigBronne
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Pennington". Sensus 2011.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.