Grootflamink

(Aangestuur vanaf Phoenicopterus roseus)

Die grootflamink (Phoenicopterus roseus) is die mees wydverspreide spesie van die flamink-familie, maar migreer slegs in sommige gevalle en dan slegs oor kort afstande. Die voël is nou verwant aan die rooiflamink en die Chileense flamink en somtyds word na die drie as dieselfde spesie verwys.

Grootflamink
Twee volwassenes te Marievale-voëlreservaat in Gauteng
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. roseus
Binomiale naam
Phoenicopterus roseus
Sinonieme

Phoenicopterus antiquorum

Identifikasie

wysig
 
Kop van 'n grootflamink in die Nehru-dierepark in Hyderabad

Soos die naam aandui, is die grootflamink 'n groot voël, met 'n algemene lengte van 120–140 cm. Die meeste van die grootflamink se vere is pienk-wit, maar die binnevlerke is rooi en die primêre en sekondêre vliegvere is swart. Die snawel is pienk met 'n swart punt en die pote is is heeltemal pienk.

Verspreiding

wysig

Die grootflamink kom voor in verskeie dele van Afrika, Suidwes-Asië (insluitende Turkye), Suidelike-Asië (die kusgebiede van Indië) en Suid-Europa (insluitende Spanje, Siprus, Portugal en die Camargue-gebied van Frankryk).

Voorplanting

wysig

Die grootflaminkwyfie lê 'n enkele bordkryt-wit eier op 'n ronde modderhopie.

Geluid

wysig

Die geluid van 'n grootflamink is 'n "honk" geluid wat sterk aan 'n gans s'n herinner.

Ander name

wysig

Ander name sluit in greater flamingo in Engels, en uKholwase of uNondwebu in Zoeloe.[2]

Fotogalery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. BirdLife International (2008). Phoenicopterus roseus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 17 April 2009.
  2. Maclean, Gordon Lindsay; Newman, Kenneth; Lockwood, Geoff (1984). Roberts birds of South Africa (5de uitg.). Kaapstad: John Voelcker Bird Book Fund. p. 76. ISBN 0-620-07681X.

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig