Glansibis
Die Glansibis (Plegadis falcinellus) is 'n voël in die ibis-familie, Threskiornithidae. Daar word geglo dat die glansibis oorspronklik uit die Ou Wêreld kom en deur natuurlike verspreiding na Afrika en die Noordelike dele van Suid-Amerika versprei het tydens die 19de eeu.
Glansibis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. falcinellus
|
Binomiale naam | |
Plegadis falcinellus Linnaeus, 1766
| |
Die verspreiding van die glansibis in Suider-Afrika |
Identifikasie
wysigDie glansibis is 'n groot voël met 'n lengte van 55 – 65 cm en 'n 88 – 105 cm vlerkspan. Parende volwassenes het rooibruin tot pers liggame en glansende bottelgroen vlerke. Nie-parende voëls en onvolwassenes het ietwat dowwer liggame. Die spesie het 'n donker bek, asook 'n donker gesigsvel wat bo en onder begrens word deur 'n blou-groen kleur in nie-parende voëls en 'n kobaltblou kleur in parende voëls. Glansibisse het rooibruin bene. Ibisse vlieg met uitgestrekte nekke (anders as reiers) en swerms vlieg gereeld in reguit lyne.
Habitat
wysigDie glansibisse bou hulle neste in bome en woon in kolonies, ook saam met reiers. Die voëls verkies bome naby damme, vlei-gebiede en moerasagtige areas.
Voeding
wysigDie glansibis is 'n karnivoor en jag visse, paddas en ander waterskepsels en sal ook nou en dan insekte vreet.
Verspreiding
wysigDie glansibis is die mees-verspreide van die ibis-spesies. Die voëls paar in 'n verskeie warm streke van Europa, Asië, Afrika, Australië en aan die kusgebiede naas die Atlantiese oseaan asook in die omgewing van die Karibiese eilande en omliggende dele van die Amerikas. Die spesie migreer met die seisoene: die meeste Europese voëls spandeer die winter in Afrika. In Noord-Amerika spandeer voëls noord van Noord-Carolina die winter meer suid.
Geluid
wysigDie glansibis is 'n redelike stil voël, maar sal maak nou en dan 'n kok-kok-kok geluid, asook 'n grrrr-geluid tydens paring.
Ander name
wysig- Engels: Glossy Ibis
- Duits: Brauner Sichler
- Wetenskaplike naam: Plegadis falcinellus
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Glansibis. |
Bronnelys
wysig- Roberts' Birds of Southern Africa, Sesde uitgawe, ISBN 0-620-17583-4
- Handbook of the Birds of Europe, the Middle East, and North Africa: The Birds of the Western Palearctic.
- Field Guide to the Birds of North America, 4th Edition.