Kwaggabal
(Aangestuur vanaf Pleiospilos bolusii)
Die kwaggabal[1] (Pleiospilos bolusii (Hook.f) N.E.Br.) is 'n vygie.
Kwaggabal | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Pleiospilos |
Spesie: | P. bolusii
|
Binomiale naam | |
Pleiospilos bolusii (Hook.f) N.E.Br.
| |
Sinonieme | |
|
Hierdie dwergvetplantjie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom op 'n hoogte van 750-1100 meter bo seevlak tussen Graaff-Reinet en Aberdeen in die Sondagsriviervallei voor.
Beskrywing
wysigDit groei tot 8 cm hoog en 15 cm breed en het net twee of vier verdikte blare wat soos stukkies graniet lyk. As gevolg hiervan is die plantjie moeilik om raak te sien op die grond waarop dit groei. Dit dra geel blommetjies en het 'n penwortel wat 10 cm diep kan groei.[2]
Fotogalery
wysig-
Kwaggabal (links) met Lithops hookeri (regs)
-
Bloeiende kwaggabal
-
Blom kwaggabal
Verwysings
wysig- ↑ Namaquawestcoast.
- ↑ "Llifle" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2019. Besoek op 25 November 2016.