Pous Johannes VI
Johannes VI was die 85ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Johannes VI | |
---|---|
Pontifikaat begin | 30 Oktober 701 |
Pontifikaat eindig | 11 Januarie 705 |
Voorganger | Sergius I |
Opvolger | Johannes VII |
Gebore | Efese |
Sterf | 11 Januarie 705 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Johannes |
Biografie
wysigPous Johannes VI is van Griekse afkoms gebore in Efese. Op 30 Oktober 701 volg hy Pous Sergius I op en regeer tot sy dood op 11 Januarie 705. Hy word opgevolg deur Pous Johannes VII. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
Pontifikaat
wysigTydens Johannes VI se pontifikaat was daar stryd teen die Lombarde. Die pous het goewerneur Theophylactos, die deur keiser Justinianus II na Italië gestuur is, gehelp en voorkom dat geweld teen Rome gebruik word. Gedeeltelik deur oorreding en gedeeltelik deur omkopery slaag hy daarin om die Lombardiese hertog Gisulf van Benevento te laat terugtrek uit die keiserlike ryk.
Bibliografie
wysig- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.
Eksterne skakels
wysig- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
wysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
Opvolging
wysigVoorafgegaan deur Sergius I |
Pous (Pontifex Maximus) 701 – 705 |
Opgevolg deur Johannes VII |