Prins George van Wallis
Prins George van Wallis (George Alexander Louis; geb. 22 Julie 2013 in Londen) is die eerste kind van William, Prins van Wallis, en sy vrou, Catherine, Prinses van Wallis. Hy is die eerste kleinseun van koning Charles III van die Verenigde Koninkryk en die tweede aanspraakmaker op die Britse troon ná sy pa. Sy suster, Charlotte Elizabeth Diana, is op 2 Mei 2015 gebore en sy broer, Louis Arthur Charles, op 23 April 2018, albei ook in Londen.
Prins George van Wallis | |
---|---|
Prins George in 2022.
| |
Volle name | George Alexander Louis |
Huis | Huis van Windsor |
Vader | William, Prins van Wallis |
Moeder | Catherine, Prinses van Wallis |
Gebore | 22 Julie 2013 Londen, Engeland |
Geboorte
wysigSint James-paleis het op 3 Desember 2012 aangekondig dat die Hertogin van Cambridge haar en prins William se eersteling verwag. Dit is op minder as 12 weke gemaak – vroeër as wat die gebruik is omdat die hertogin aan akute oggendnaarheid gely het en in die hospitaal opgeneem is.[1][2]
Die hertogin is op 22 Julie 2013 in die St. Mary-hospitaal in Londen opgeneem met die eerste kraamtekens.[3][4] Om 16:24 (Britse tyd; 15:24 UTC) op 22 Julie is die geboorte van ’n seun aangekondig. Hy het 3,8 kg geweeg.[5] Dit was die eerste keer sedert 1894–1901, tydens die bewind van koningin Victoria, dat drie geslagte troonopvolgers gelyk lewend is.[6]
Op 24 Julie, die dag nadat die hertog en hertogin die baba aan die pers buite die hospitaal gewys het,[7] is aangekondig dat sy naam George Alexander Louis is.[8]
Titel en stamboom
wysigDie prins staan bekend as Sy Koninklike Hoogheid prins George van Wallis.[9]
Deur koning Charles is hy lid van die Huis van Windsor en ’n afstammeling in die manlike lyn van die Huis van Glücksburg, wat as konings van Denemarke en Griekeland regeer het. Deur sy pa se ma, Diana, stam hy af van die Spencer-familie.[10][11] Hy is die tweede aanspraakmaker op die Britse troon.[12][13][14] Hy is koningin Elizabeth II se derde agterkleinkind en eerste agterkleinseun.[15]
Voorgeslag van Prins George van Cambridge
wysig16. Prins Andrew van Griekeland en Denemarke | ||||||||||||||||
8. Prins Philip, Hertog van Edinburg | ||||||||||||||||
17. Prinses Alice van Battenberg | ||||||||||||||||
4. Charles III | ||||||||||||||||
18. George VI | ||||||||||||||||
9. Elizabeth II | ||||||||||||||||
19. Dame Elizabeth Bowes-Lyon | ||||||||||||||||
2. William, Prins van Wallis | ||||||||||||||||
20. Albert Spencer, 7de Graaf Spencer | ||||||||||||||||
10. John Spencer, 8ste Graaf Spencer | ||||||||||||||||
21. Cynthia Hamilton | ||||||||||||||||
5. Diana Spencer | ||||||||||||||||
22. Maurice Roche, 4de Baron Fermoy | ||||||||||||||||
11. Frances Roche | ||||||||||||||||
23. Ruth Roche, Barones Fermoy | ||||||||||||||||
1. Prins George van Wallis | ||||||||||||||||
24. Noel Middleton | ||||||||||||||||
12. Peter Middleton | ||||||||||||||||
25. Olive Lupton | ||||||||||||||||
6. Michael Middleton | ||||||||||||||||
26. Frederick Glassborow | ||||||||||||||||
13. Valerie Glassborow | ||||||||||||||||
27. Constance Robison | ||||||||||||||||
3. Catherine Middleton | ||||||||||||||||
28. Stephen Goldsmith | ||||||||||||||||
14. Ronald Goldsmith | ||||||||||||||||
29. Edith Chandler | ||||||||||||||||
7. Carole Goldsmith | ||||||||||||||||
30. Thomas Harrison | ||||||||||||||||
15. Dorothy Harrison | ||||||||||||||||
31. Elizabeth Temple | ||||||||||||||||
Verwysings
wysig- ↑ "Royal pregnancy: Duchess leaves hospital" (in Engels). BBC News. 6 Desember 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 6 Desember 2012.
- ↑ "The Duke and Duchess of Cambridge are expecting a baby" (in Engels). Clarence House. 3 Desember 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2016. Besoek op 6 Desember 2012.
- ↑ Saul, Heather (22 Julie 2013). "Royal baby: Duchess of Cambridge goes into labour". The Independent. Besoek op 22 Julie 2013.
- ↑ Davies, Caroline (22 Julie 2013). "Duchess of Cambridge in labour and admitted to hospital". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2013. Besoek op 22 Julie 2013.
- ↑ Davies, Caroline (24 Julie 2013). "Prince of Cambridge's parents present him to the world at first photocall". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2013. Besoek op 29 Julie 2013.
- ↑ Saul, Heather (22 Julie 2013). "Royal baby: Three heirs to the throne in line for first time – and the fact it's a boy avoids gender issue". The Independent. Besoek op 23 Julie 2013.
- ↑ "William and Kate head home with baby prince" (in Engels). BBC News. 23 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2016. Besoek op 26 Julie 2013.
- ↑ "Royal baby: Kate and William name their son George Alexander Louis". Yahoo News (in Engels). 24 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2018. Besoek op 24 Julie 2013.
- ↑ "The Duke and Duchess of Cambridge name their baby". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2013. Besoek op 30 Julie 2013.[dooie skakel]
- ↑ "A Modern Monarchy – The Royal Family appears to have overcome its troubles and the new generation has adapted skilfully to a changing Britain". The Times. 25 Julie 2013. Leading articles.
Prince George of Cambridge, born on Monday, now has in his relatively recent line miners and labourers; something hard to contemplate a generation ago.
- ↑ David White, Somerset Herald, College of Arms (23 Julie 2013). "The Windsors & the Middletons – A family tree". The Times. Pull-out supplement.
{{cite news}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ "Succession" (in Engels). The Royal Household. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 29 Julie 2013.
The child of The Duke and Duchess of Cambridge is third in the Line of Succession
- ↑ Gilbert, Dave (25 Junie 2013). "Q&A: Who can inherit the British throne" (in Engels). CNN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2017. Besoek op 18 Julie 2013.
- ↑ Booth, William (3 Desember 2012). "William and Kate's baby boy or girl will be third in line to throne". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Junie 2013. Besoek op 18 Julie 2013.
- ↑ "Queen Elizabeth II Fast Facts" (in Engels). CNN. 25 Julie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 29 Julie 2013.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Prins George van Wallis.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia