Kaapse tiptol
Kaapse tiptol | |
---|---|
In die Addo-Olifant Nasionale Park, Oos-Kaap | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. capensis
|
Binomiale naam | |
Pycnonotus capensis (Linnaeus, 1766)
| |
Kaapse tiptol-verspreiding in Suid-Afrika |
Identifikasie
wysigDie Kaapse tiptol word 19–21 cm lank, hul kleur is grysbruin met 'n diagnostiese wit oogring en geel onderstertdekvere. Op die kop pronk 'n klein kuifie. Die kort, reguit snawel, bene en pote is swart en die oog se iris is donkerbruin. Die geslagte se verekleed is soortgelyk. Hierdie spesie is baie donkerder as die ander Suid-Afrikaanse tiptolle, en verskil van oogringkleur en bruin laerbuik, waar ander donker tiptolle 'n ligter buikkleur het. Die donker buikkleur help mens om jongelinge te identifiseer, wat nie die kenmerkende oogring van die volwassene besit nie.
Gedrag
wysigDie Kaapse tiptol is 'n algemene en opvallende voël, wat geneig is om bo-op 'n bos te sit. Hulle is baie aktief en lawaaierig, gewoonlik saam in pare of klein groepies op soek na kos soos vrugte, nektar en insekte.
Hul neste word in sekere gebiede geparasiteer deur die Bontnuwejaarsvoël, wat haar eiers saam in die nes lê en van die tiptol verwag om dit vir haar uit te broei (tipiese koekoekgedrag).
Geluid
wysigDie tipiese roep van hierdie spesie is 'n gefluit van twee of meer verskillende note van pit-peet-pitmajol, piet-piet-patata.
Verspreiding
wysigSien kaart regs.
Ander name
wysig- Engelse naam: "Cape bulbul"
- Wetenskaplike naam: Pycnonotus capensis
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Kaapse tiptol. |
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |