R502 (Suid-Afrika)
streeksroete
Die R502 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat die N12-nasionale pad tussen Bloemhof en Wolmaransstad met die N12 tussen Stilfontein en Potchefstroom verbind. Die roete begin 18 km voor Wolmaransstad, dit gaan noordoos van hier en 12 km later gaan die roete deur Makwassie en kruis ook die R505 met 'n verspringende kruising. Na 25 km gaan die roete deur Leeudoringstad en kruis ook die R504 in die dorp. Na 51 km gaan die roete deur Orkney waar die R30-provinsiale pad gekruis word. Die R502 eindig waar dit met die N12 aansluit.
Streeksroete R502 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Suidwespunt | N12 | |||
R505 R504 R30 | ||||
Noordoospunt | N12 | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Makwassie Leeudoringstad Orkney | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|