Orkney, Noordwes
Orkney is 'n dorp suid van Klerksdorp in die Noordwesprovinsie, Suid-Afrika. Die dorp het aansienlike mediadekking in die laat 1980's en vroeë 1990's gekry as agtergrond vir die SAUK se sepie, Orkney Snork Nie.
Orkney | |
---|---|
Koördinate: 26°58′44″S 26°40′9″O / 26.97889°S 26.66917°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr Kenneth Kaunda |
Munisipaliteit | Matlosana |
Stigting | 1940 |
Oppervlak | |
• Totaal | 16,43 km2 (6,34 vk. myl) |
Hoogte | 1 301 m (4 268 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 13 435 |
• Digtheid | 818/km2 (2 120/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 51.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.2% |
• Bruin mense | 1.5% |
• Swart mense | 46.8% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 51.3% |
• Sotho | 14.8% |
• Tswana | 10.4% |
• Xhosa | 8.9% |
• Ander | 14.7% |
Poskode (strate) | 2620 |
Poskode (posbusse) | 2619 |
Skakelkode | 018 |
Geskiedenis
wysig'n Skotsman, ene Simon Fraser, was in die laat 1880's na die goudvelde in die Wes-Transvaal gelok. Hy was vanaf die Orkadiese (Orkney) eilande in Skotland afkomstig. Hy het sy myn Orkney genoem en so het die dorp bekend geraak. Die dorp is op 20 Maart 1940 geproklameer. Fraser se ou skag, waar erts met 'n kruiwa na die oppervlak gebring is, word nog steeds as 'n ventilasieskag vir Vaal Reefs gebruik.
Op 5 Augustus 2014 omstreeks 12:20 het 'n aardbewing, met episentrum 6 km oos van Orkney plaasgevind. Die aardbewing het 5.3 op die Richterskaal geregistreer en is oor groot dele van Suid-Afrika gevoel.[2] Nagenoeg 400 huise, drie klinieke en 'n paar skole is tydens die aardbewing beskadig.[3][4]
Omgewing
wysigOrkney is op die oewers van die Vaalrivier geleë. Die Orkney-Vaal vakansieoord is ook hier ontwikkel. Die naaste buurdorp is Klerksdorp en dit lê ongeveer 180 km suidwes van Johannesburg naby die N12 nasionale pad.
Sien ook
wysigBron
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Orkney". Sensus 2011.
- ↑ Aardbewing ruk groot dele van SA, Maroela Media, 5 Augustus 2014
- ↑ Aardbewing: Minstens 400 huise in Orkney beskadig, Maroela Media, 6 Augustus 2014
- ↑ Aardbewing: Orkney-skole beskadig, Maroela Media, 6 Augustus 2014