R704 (Suid-Afrika)
streeksroete
Die R704 is 'n streeksroete in Suid-Afrika wat Trompsburg met Koffiefontein verbind. Die roete begin waar dit van die N1-nasionale pad by Trompsburg aftak in 'n noordwestelike rigting. Dit deel dan die R717-provinsiale pad vir 2.3 km, gaan verby R706, deur Jagersfontein, deur Fauresmith, suid van die Kalkfonteindam verby en eindig in Koffiefontein waar dit aansluit by die R48.
Streeksroete R704 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Suidoospunt | N1 by Trompsburg | |||
R717 R706 | ||||
Noordwespunt | R48 in Koffiefontein | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Jagersfontein Fauresmith | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|