Gryskol-sandkruiper
(Aangestuur vanaf Rhinobatos leucospilus)
Die Gryskol-sandkruiper (Rhinobatos leucospilus) is 'n vis wat endemies is aan KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Greyspot guitarfish.
Gryskol-sandkruiper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | R. leucospilus
|
Binomiale naam | |
Rhinobatos leucospilus | |
Sinonieme | |
Voorkoms
wysigDie sandkruiper het die tipiese sandkruipervoorkoms met die twee dorsale vinne agter op die lyf. Die lyf is sandbruin van kleur met groot blougrys kolle aan die bokant en pektorale vinne. Die stertvin het net een lob.
Habitat en gewoontes
wysigDie vis is ovovivipaar en kom voor oor sanderige bodems in water wat tot 100 m diep is.
Sien ook
wysigBron
wysig- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
Verwysings
wysig- ↑ MarineSpecies.org (en)