Robert se Kwartet
Robert se Kwartet is ’n kompakte sterrestelselgroep sowat 160 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Feniks. Dit bestaan uit vier uiteenlopende sterrestelsels wat besig is om te bots en saam te smelt. Die stelsels is NGC 87, NGC 88, NGC 89 en NGC 92, wat in die 1830's deur John Herschel ontdek is.
Robert se Kwartet | |
---|---|
Soort | Sterrestelselgroep |
Sterrebeeld | Feniks |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 0h 21m 23.075s |
Deklinasie | -48° 37.75′ 39.5″ |
Helderste stelsel | NGC 92 |
Aantal stelsels | 4 |
Ander name | |
AM 0018-485 | |
Portaal Sterrekunde |
Die kwartet is een van die beste voorbeelde van kompakte groepe sterrestelsels. Omdat sulke groepe vier tot agt sterrestelsels in ’n baie klein streek bevat, is hulle ideaal vir die bestudering van galaktiese wisselwerkings en die invloed wat dit het, veral op die vorming van nuwe sterre. Die groep het ’n totale skynbare magnitude van amper 13. Die helderste stelsel het ’n skynbare magnitude van sowat 14. Die vier stelsels lê almal in ’n sirkel met ’n radius van 1,6 boogminute (sowat 75 000 ligjare).
Lede
wysigNaam | Tipe | Afstand van die Son af (in miljoen ligjare) |
Magnitude |
---|---|---|---|
NGC 87 | IBm pec. | ~160 | +14,5 |
NGC 88 | SB(rs)a pec. | ~160 | +15,21 |
NGC 89 | SB0(s)a pec. | ~160 | +14,57 |
NGC 92 | SAa pec. | ~160 | +14,29 |
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Foto van ESO Geargiveer 11 Oktober 2008 op Wayback Machine
- "What's In A Name?" Geargiveer 19 Januarie 2005 op Wayback Machine
- Robert se Kwartet op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia